Local sportSport

Vierde geslag in Reitz familie kry nasionale kleure in stoei

Barco Badenhorst van die Reitz stoeiklub se verkiesing tot die nasionalse span vir die komende Afrika Stoeikampioenskappe in Egipte beteken ook dat ’n troste familietradisie daarmee voortgesit is.

Toe Johnny Reitz in 1936 die Reitz-stoeiklub in die Moot gestig het, sou hy sekerlik nie kon droom hoe ‘n groot rol sy eie familie in die ge­skie-denis van dié klub sou speel nie.

Die name van Johnny Reitz se afstammelinge vloei egter soos ‘n goue draad deur die geskiedenis van die klub se presteerders oor die afgelope 79 jaar.

Toe Barco Badenhorst, agter­kleinseun van Johhny Reiz, se naam onlangs uitgelees is as lid van die nasionale span wat binnekort in Alexandria, Egipte, aan die Afrika kampioenskappe gaan deelneem, het hy die vierde geslag in die stoeifamilie geword om die groen en goud van Suid-Afrika te dra.

Wyle oom Johnny se twee seuns, Kallie en Kosie, was die eerste stoeiers van die klub wat nasionale kleure kon kry. Oom Kallie (87), die enigste van dié drie wat nog leef, was die klub se eerste Springbok. Hy het sy Springbok-baadjie reeds in 1948 verwerf.

In 1960 het oom Johnny die eerste Suid-Afrikaner ooit geword om as skeidsregter by die Olimpiese Spele van daardie jaar in Rome op te tree.

Twee jaar later, in 1962, het wyle oom Johhny en sy jonger seun, Kosie, ook Springbokke geword. Oom Kosie is daardie jaar as stoeier vir die Springbokspan gekies en oom Johnny was die spanbestuurder.

Só het die eer­ste twee geslagte in die Reitz-fa­milie saam die groen en goud gedra. Byna 20 jaar nadat oom Kosie destyds Springbok geword het, het sy seun, Christo, die volgende geslag Reitz-familie verteenwoordig in die nasionale span toe hy ook Springbokkleure as stoeier gekry het.

‘n Volle 34 jaar sou verloop ná Christo se prestasie, voor die volgende geslag in dié familie die afgelope maand die tradisie sou voortsit. Barco Badenhorst is die kleinseun van wyle oom Kosie Reitz. Hy is oom Kosie se dogter, Karin Badenhorst en haar man, Wessel, se seun.

Op hierdie manier is ‘n besondere tradisie voortgesit en Barco Badenhorst se prestasie word daarmee ook ‘n prestasie van een van Suid-Afrika se mees uitstaande sportfamilies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button