Local sportSchool sportSport

Menlopark wen A-liga swemgala

Die Hoërskool Menlopark het vanjaar se A-liga swemgala vir hoërskole in Pretoria by die Hillcrest swembad in Hatfield oorheers deur nie net die meeste punte aan te teken nie, maar ook die meeste rekords te laat spat.

Die Hoërskool Menlopark was die algehele wenner van die A-liga swemgala vir hoërskole, wat by die Hilcrest swembad in Hatfield aangebied is.

Cornwall Hill College se span het algeheel tweede geëindig, terwyl nóg ’n privaatskool, Southdowns College, die algehele derde plek ingeneem het.

Die byeenkoms is vanjaar deur die Hoërskool Garsfontein, wat 8ste geëindig het, aangebied en altesaam 12 skole het deelgeneem.  Ander skole wat deel was van die aksie is die Hatfield Christian School (4de), Afrikaans Hoër Meisieskool (algeheel 5de), Hoërskool Waterkloof (6de), Afrikaans Hoër Seunsskool (7de), Pretoria Boys High School (9de), St Albans College (10de), Pretoria High School for Girls (11de) en die St. Mary’s Diocesan School for Girls (12de).

Die vertoning van Menlopark se seunsspan was deurslaggewend in hul oorwinning. Hulle het 58 punte voor hul naaste teenstander, Affies, geëindig. Menlopark se dogters was tweede, terwyl Afrikaans Hoër Meisieskool die afdeling vir dogters gewen het. Op gesamentlike punte het Menlopark egter kop en skouers bo die res uitgestaan en al sou Afrikaans Hoër Meisie- en Seunsskole se punte saamgevoeg word, sou die Parkies steeds die gala gewen het.

Een van Menlopark se junior seuns, Ruan Breytenbach, het die hoogste punte verdien as al die seuns se individuele prestasies ingereken word. Hy het met drie eersteplekke in sy toegelate drie individuele items én twee byeenkomsrekords ’n volle 32 punte verdien. Breytenbach was ook die junior victor ludorum van die byeenkoms met sy oorwinnings in die 200m individuele wisselslag, 50m vlinderslag en 50m rugslag vir seuns o.14.

Die junior victrix ludorum, Kirsten Mundell, ’n o.15 dogter van Southdowns College, het Breytenbach se prestasies geëwenaar. Sy het ook drie oorwinnings behaal, terwyl sy rekords laat spat het in die 200m individuele wisselslag en die 50m borsslag. Hiermee het sy dus ook 32 punte vir haar skool verdien.

Altesaam 19 rekords het gespat by die byeenkoms en ook hiér word Menlopark se oorheersing bewys. Swemmers van dié skool was verantwoordelik vir byna die helfte (9) van hierdie rekords.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button