Local sportSchool sportSport

Hoërskool Oos-Moot wen B-bond atletiekbyeenkoms

Pretoria se B-bond interhoër atletiekbyeenkoms is Donderdag op die Pilditch stadion in die weste van die stad aangebied en die Hoërskool Oos-Moot het met die wennerstrofee weggestap.

Agt hoërskole het Donderdag van so ver soos Midstream uit die suide van Pretoria en Hartbeespoort uit Noord-Wes na die Pilditch stadion in Pretoria-Wes opgeruk om deel te neem aan die plaaslike B-bond interhoër atletiekbyeenkoms.

Ten spyte van warm en bedompige weer tydens die oggendsessie het dié skole se atlete puik presteer en verskeie byeenkomsrekords het reeds vroeg in die slag gebly. Later het die temperatuur darem afgekoel toe ’n ligte reënbui teen middagete uitgesak het. Nog later die middag moes die program vir sowat ’n uur onderbreek word toe ’n hewige donderstorm oor Pretoria-Wes uitgebreek het. Die grootste deel van die laatmiddag-program is in bewolkte weer en op ’n nat baan afgehandel.

Die byeenkoms is deur die Hoërskool Akasia in die Pilditch stadion in die weste van Pretoria aangebied. Behalwe vir die gasheerskool was die ander deelnemers die Hoërskool Centurion, Hoërskool Hartbeespoort, Midstraem College, Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool Overkruin, Hoërskool Pretoria-Noord en Sutherland High School.

’n Taai stryd het heeldag op die baan geheers tussen die twee gunstelinge om die byeenkoms te wen, Centurion en Oos-Moot. Uiteindelik was dit Oos-Moot wat as oorwinnaars uit die stryd getree het. Dié skool het dus nou ’n kans om moontlik volgende jaar na die A-bond op te skuif.

Midstream College het in die derde plek geëindig.

Terwyl die verskillende skole se atlete mekaar op die baan opgedreun het, het daar op die paviljoen ook ’n verbete stryd geheers, waar leerlinge luidkeels deelgeneem het aan die kompetisie om die beker vir die skool met die beste gees te bepaal. Dié beker is uiteindelik gewen deur Sutherland High School van Centurion.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button