Bulls druk ses drieë, maar Rebels veg terug en verhoed bonuspunt
Die Bulls het die Rebels Saterdag op Loftus versfeld maklik geklop, maar swak verdediging het hulle van 'n bonuspunt beroof.
Die Bulls is terug op die wenpad, maar daar wag nog harde werk vir Nollis Marais se manne as hulle vanjaar die kwarteindrondte van die SuperRugby reeks wil haal.
Adriaan Strauss en sy manne het die Rebels van Australië Saterdagmiddag in die warm Pretoria weer met 45-35 geklop, maar swak verdediging het hulle in die tweede helfte van ’n bonuspunt beroof.
Die Bulls het baie goed begin en teen rustyd het hulle reeds vier keer gaan druk. Op daardie stadium het dit gelyk of hulle maklik die bonuspunt oorwinning sou behaal.
Toe Bjorn Basson in die eerste ses minute na rustyd nog twee keer gaan druk, het dit gelyk of die Bulls op pad is na ’n reuse oorwinning. Hulle kon egter nie die momentum behou nie en hierna het die fase van twintig minute gevolg waarin die Aussies vier keer kon gaan druk sonder dat die Bulls self die doellyn kon oorsteek.
Swak verdediging en ’n onvermoë om besit te beskerm was hoofsaaklik verantwoordelik vir die Rebels se terugkeer op die telbord. Gelukkig vir die Bulls was die Rebels se losskakel, Jack Debreczeni, se skopstewel heel skeef ingestel. Hy het meer as 10 punte na die pale verbrou.
Uiteindelik kon die Bulls die wedstryd maklik wen, maar harde werk wag vir hierdie jong span, want teen taaier opposisie sal hulle nie hierdie tipte spel kan bekostig nie.
PUNTEMAKERS:
BULLS: 45 Drieë: Bjorn Basson (3), Nic de Jager, Travis Ismael, Jannes Kirsten. Doelskoppe: Francois Brummer (6). Strafdoele: Francois Brummer (1).
REDS: 25 Drieë: Jonah Placid, Ben Meeham (2), James Hanson . Doelskoppe: Jack Debreczini (1) . Strafdoele: Jack Debreczini (1).
Skeidsregter: Ben O’Keeffe











