Local sportSport

Tennis marathon om siek speler te help

Tennis liefhebbers word genooi om deel te word van ’n besondere tennis marathon by die Anlin Tennisklub op Menseregtedag.

Martie Geertsema se belowende tennisloopbaan is onlangs kortgeknip toe ’n baie selfsame siekte by haar gediagnoseer is.

Geertsema is gediagnoseer met pulmonêre hipertensie, ’n siekte wat die funskie van die longe aantas. Daar is tans geen mediese behandeling wat die siekte kan genees nie en die enigste oplossing is ’n dubbele long oorplanting. Die behandeling wat sy intussen ontvang totdat sy skenker-longe kan kry, is ook baie duur.

Geertsema se tennisvriende het besluit om dié sport in te span om haar te help en ook die publiek bewus te maak van hierdie seldsame siekte. ’n Familielid van Geertsema, Manie Booyens, is ’n professionele tennisafrigter by die Anlin Tennisklub. Hy en ’n paar ander vriende van Geertsema het dus besluit om op Dinsdag 21 Maart (Menseregtedag) deel te neem aan ’n tennis marathon van 12 ure om geld in te samel vir haar.

Die marathon sal om 06:00 Dinsdagoggend afslaan en daarna sal die vyf spelers mekaar om die beurt aflos, sonder dat die aksie ooit onderbreek word.

Die publiek word genooi om deel te neem aan hierdie inisiatief deur op ander bane by die klub tennis te speel of aan kompetisies deel te neem. Daar sal byvoorbeeld ’n kompetisie wees om te bepaal wie die vinnigse afslaan kan afstuur, terwyl mediese personeel en dieetkundiges ook byderhand sal wees om belangstellendes se hartgesondheid te toets en wenke te gee oor gesonde eetgewoontes.

Babbelbekkies Kleuterkampus se kleuters sal as deel van die program boonop deelneem aan ‘’n mini-tennis uitdaging.

Belangstellendes kan Booyens skakel by 076-976-2538.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button