Atletiekklub vier 20 jaar met nuwe klubhuis
Die Overkruin Atletiekklub se spoggerige nuwe klubhuis is die afgelope naweek amptelik ingewy.
Een van Pretoria se mees innoverende en proggresiewe atletiekklubs, die Overkruin Atletiekklub, het die afgelope naweek hul splinternuwe klubhuis op luisterryke wyse ingehuldig.
Dié klub, wat die afgelope paar jaar bekendheid verwerf het in die padwedloop gemeenskap met hul gewilde Kolonnade 3-in-1 padwedloop wat in Maartmaand aangebied word, is gebasseer op die skoolterrein van Hoërskool Overkruin.
Hoewel die klub se lede hul tuiste gewoonlik assosieer met harde oefening en tydtoetse, kon ‘n groot deel van hulle die afgelope Saterdag daar bymekaarkom om fees te vier.
Goeie finansiële bestuur en die sukses van hul jaarlikse padwedloop het Overkruin Atletiekklub in staat gestel om hul spoggerige nuwe klubhuis aan te bou en in te rig reg langs die skool se eie sportklubhuis.
Die nuwe klubhuis is ingewy met ‘n saamkuier geleentheid, waartydens die 20ste bestaansjaar van die klub ook gevier kon word.
Hierdié nuwe klubhuis beskik oor ‘n eie kombuis, kroeggeriewe en selfs ‘n vertoonkas vir hul trofee’s. Die toiletgeriewe is ook opgegradeer, terwyl braaigeriewe gerieflik langs die klubhuis beskikbaar is.
In 1999 het ‘n groep van 10 lede die Overrkuin Atletiekklub gestig. Deesdae spog die klub met 75 aktiewe lede.
Tans beskik die klub oor vyf lede wat reeds meer as 300 amptelike wedlope in hul kleure voltooi het. Lede wat meer as 100 wedlope in Overkruin se kleure voltooi word ook vereer met ‘n spesiale sportsak. Vanjaar het 15 lede van Overkruin die Comrades marathon aangedurf.
Tydtoetse van 5km en 8km word elke Woensdag om 17:30 op die skoolterrein aangebied, terywl dié toetse maandeliks (eerste Woensdag van die maand) ook met ‘n braai afgesluit word.
Vir meer besonderhede oor die klub kan die voorsitter, Johan Kirsten, gekontak word by 083-324-5074 of per epos by overkruin.atletiekklub@gmail.com .
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

