Local sportSport

Blou Bulle druk ses keer, klop Pumas oortuigend op Loftus Versfeld

Die Blou Bulle is terug in die wedloop om ‘n tuis halfeindstryd in vanjaar se Curriebeker toernooi los te speel ná hul puik oorwinning teen die Pumas.

Die Blou Bulle het Vrydagaand op Loftus Versfeld ses puik drieë gedruk om die Pumas van Nelspruit oortuigend met 39-29 te klop in hul Curriebeker wedstryd op Loftus Versfeld.

Nadat Pote Human se span vroeër in die reeks veral met hul hantering en balretensie gesukkel het, kon hul ondersteuners moed skep uit hierdie vertoning. Daar was duidelike verbetering in verskeie fasette en teen hierdie tempo sal die Pretorianers waarskynlik weer ernstige kandidate wees om vanjaar hul bekerdroogte te verbreek.

Die wedstryd is teen ‘n baie hoë tempo gespeel, wat die Blou Bulle se vertoning veelseggend maak.

Jimmy Stonehouse se Pumas het beslis ook nie Pretoria toe gereis om dinge vir die tuisspan maklike te maak nie. Tipies van spanne wat deur Stonehouse afgerig word het Hugo Kloppers en sy spanmaats nooit gaan lê nie. Dit het beteken dat die Blou Bulle moes veg tot die einde om die oorwinning te beklink.

Hoewel die Bulle se spel in die lynstane effens gelol het, was hul dryfspel puik.

Dit was egter die tuisspan se ondernemende spel en die wyse waarop hulle die bal lewend kon hou wat ‘n verskil gemaak het en dis juis hierdie verbetering op vertonings vroeër in die reeks wat ondersteuners én die span self sal laat uitsien na die pylvak-fase van die toernooi.

PUNTEMAKERS:

BLOU BULLE: 39 Drieë: Hanru Liebenberg, Jade Stighling (2), Dayaan van der Westhuizen, Ivan van Zyl, Jano Venter. Doelskoppe:  Manie Libbok (3).

PUMAS: 29 Drieë: Marnus Schoeman, Marko Janse van Rensburg, Neil Maritz, Morné Joubert. Doelskoppe: Chris Smith (3). Strafdoele: Chris Smith  (1)

Skeidsregter: Rasta Rasivenge

https://www.facebook.com/BullsOfficial/videos/1045899755590935/

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button