Word fiks met “Touchies” in Centurion
Aktiewe inwoners van Centurion wat graag fiks wil bly én na ‘n geleentheid soek om sosiaal te verkeer tussen ander aktiewe vriende, kan deel word van die Touchies Lenteliga by die Centurion Rugbyklub.
Liefhebbers van Raakrugby, of “Touchies” soos dit beter bekendstaan, glo dis die lekkerste manier om fiks te bly én ook ‘n kans te hê om gereeld sosiaal te verkeer.
Die Centurion Rugbyklub se Touchies Lenteliga, ook bekend as touchies@GREEN, begin op 1 Oktober, maar spanne kan nog tot 8 Oktober vir dié liga inskryf.
Die liga vind op Maandae aande plaas by die Ceturion Rugby Klub en die aksie begin om 19:00.
Alle rugbybal liefhebbers wat instaat is om ‘n bal te vang en aan te gee word uitgenooi om deel te kom neem aan hierdie spansport wat bedoel is vir jonk tot oud. Die liga maak voorsiening vir verskeie vaardigheids divisies elke seisoen, wat beteken dat elke span mededingend kan speel.
‘n Span bestaan uit vyf spelers met een tot drie plaasvervangers op die kantlyn. Spanne speel twee helftes van 20 minute aan ‘n kant met ‘n rustyd van vyf minute.
Die speelveld bestaan uit vier velde wat op ‘n standaard rugbyveld uitgemerk word met oranje lint en kegels. ’n Skeidsregter behartig elke wedstryd volgens die reëls van die spel.
Uitslae en bepalings word weekliks op die webwerf opgedateer.
‘n Braaivleisvuur word voorsien vir spelers om na elke wedstryd te braai en gesellig te verkeer met ‘n kontant kroeg op perseel vir nodige lafenis.
Vir meer inligting besoek gerus www.touchiesgreen.com of kontak Pieter Reitsma by 082-547-8944 of TouchiesgreenOPS@gmail.com.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
