Local sportSport

Duisende gaan die speke laat sing in Tshwane Classic

Die organiseerders van die Tshwane Classic is gereed vir die logistieke uitdagings van die tweede aanbieding van dié fietswedren eerskomende Sondag.

Met 6500 fietsryers wat Sondag die speke gaan laat sing in Pretoria se strate vir die jaarlikse Tshwane Classic-fietswedren, het die organiseerders ‘n beroep gedoen op Pretoria se inwoners om Sondag alternatiewe roetes te volg om hul bestemmings te bereik.

‘n Lys van padsluitings verskyn op die wedren se webtuiste, www.tshwaneclassic.co.za en ook op die Tshwane Metro se sosiale mediakanale.

“Eenmaal ‘n jaar vra ons vir Pretoria se inwoners om ons goedgesind te wees en die wedren te akkommodeer. Kaapstad het die Kaapstadse fietstoer, Johannesburg die 947 en vir die eerste keer het Pretoria nou ‘n wedren waarop sy inwoners trots kan wees en vir duisende besoekers die prag van die stad kan ten toon stel,” het die stigter van die wedren, Mauritz Meyer, die afgelope week gesê.

Fietsryers wat Sondag se pret wil meemaak, kan hierdie week nog inskryf by een van die volgende plekke:

The Bicycle Company Centurion: Donderdag 1 November 2018, van 10:00 – 18:00
Die Maslow Hotel, Sun Time Square, Menlyn Maine: Vrydag 2 November 2018, van 10:00-18:00
Die Maslow Hotel, Sun Time Square, Menlyn Maine: Saterdag 3 November 2018, van 09:00 – 15:00

Meyer is nie net die stigter van die Tshwane Classic nie, maar staan ook aan die hoof van Cycle4Food, wat verskeie liefdadigheidsprojekte bedryf in oorleg met die Tshwane Metro.

“Die fondse wat ons uit die wedren ontvang is uiters belangrik en stel ons in staat om ‘n merkwaardige verskil te maak in gemeenskappe in en om Pretoria,” het hy verduidelik.

Verskeie fietsrykommentators hou die afgelope jaar die totstandkoming van die Tshwane Classic aandagtig dop omdat dit die eerste keer in meer as vyftien jaar is dat ‘n stad in Suid-Afrika ‘n fietswedren op hierdie skaal bekendstel.

“Dit het nou duidelik geword dat die Tshwane Classic sy doelwitte verwesenlik. Die fietsrygemeenskap is baie opgewonde oor die wedren en dis verstommend om die eenheidsgevoel onder Pretoria se fietsryers te sien sowel as die dryfveer onder hulle om vir Pretoria sy eie volwaardige wedren daar te stel,” aldus Meyer.

Die Tshwane Classic se roete neem jaers verby verskeie historiese besienswaardighede in en om Pretoria en bied aan fietsryers afstandopsies oor 98km, 60km en 20km.

Benewens hierdie afstande vir grootmense, kan kinders ook baljaar in die 5km -en 500m-wedrenne wat vir hulle aangebied word by die Voortrekker Monument.

Vir meer inligting besoek die wedren se webtuiste www.tshwaneclassic.co.za

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button