Local sportSport

Wilgers onnie lei driekamp atlete by spele

Twee Pretorianers was op verskillende vlakke deel van die driekamp span wat Suid-Afrika by die onlangse Jeug Olimpiese Spele in Argentinië verteenwoordig het.

Die bekende driekamp atleet van Pretoria, Riana Robertson, het die Suid-Afrikaanse span onlangs na die Jeug Olimpiese Spele in Argentinië vergesel.

Robertson was die amptelike afrigter en bestuurder van die driekamp atlete by die spele.

Dié onderwyseres van Hoërskool Die Wilgers, wat ook betrokke is by die Dinamic Coaching groep, spog self met ‘n baie suksesvolle loopbaan as alteet. Sy is ‘n internasionaal gerekende driekamp atleet en het ook al naam gemaak in die moordende ysterman kompetisie.

Robertson se atelete het besonder goed presteer by die spele.

Die beste prestasie is gelewer deur die 17-jarige Amber Schebush, wat die driekamp in die individuele vroue-afdeling gewen het en daarmee vir Suid-Afrika se eerste goue medalje gesorg het.

Christiaan Stroebel van Hoërskool Garsfontein het in die mans afdeling ‘n 21ste plek behaal. Hy was ook deel van die Afrika-span wat die kontinent in die driekamp aflos verteenwoordig het. Dié span het negende geëindig.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button