Local sportSport

Teddiebeer-gholfprojek vanjaar groter as ooit

Verskeie bekende persoonlikhede was deel van verlede week se Golfing for Teddy gholfdag naby Pretoria, waar honderde teddiebere ingesamel is vir dié unieke Kersseisoen-liefdadigheidsprojek.

Die bekende Golfing for Teddy projek groei steeds jaarliks en die organiseerders sal vanjaar in staat wees om ‘n nuwe rekordgetal teddiebere aan siek kinders en bejaardes uit te deel tydens die Kersvakansie.

Rekord het onlangs berig hoe Pretoria se gholfavonturier, Heinrich du Preez, saam met sy vriend Gunter Engels binne sewe dae ‘n nuwe Guinness wêreldrekord opgestel het vir die verste rit in ‘n standaard gholfkarretjie. Hulle het tussen 4 en 11 November vanjaar 2007 kilometer in ‘n standaard gholfkarretjie gereis om dié nuwe rekord op te stel.

In die proses het Du Preez en Engels ook oral waar hulle aangedoen het langs die roete – wat in Gauteng begin het en daarna via Mpumalanga, Limpopo en Noordwes weer in Gauteng geëindig het – teddiebere versamel vir die Golfing for Teddy projek.

Dié projek is in 2015 deur Du Preez en sy vrou, Megan, begin toe hulle daardie jaar aanvanklik 150 teddiebere ingesamel het om aan bejaardes en kinders in hospitale uit te deel oor die Kerstyd.

Volgens Megan du Preez groei die projek jaarliks en sal hulle vanjaar honderde teddiebere meer as verlede jaar kan uitdeel.

Verlede week het die vierde jaarlikse gholfdag van die Golfing for Teddy projek by die Serengeti gholflandgoed tussen Pretoria en Kemptonpark plaasgevind. Dié dag is veral bekend vir die groot aantal bekende en beroemde persoonlikhede wat daaraan deelneem.

Sportsterre soos Springbok rugbyspelers AJ Venter, Jannie de Beer, Warren Brosnihan en Akona Ndungane, die internasionale EFC Africa kampioen en UFC vegter, Garreth ‘Soldierboy’ Mclellan en kunstenaars soos die akteur Hannes Muller, asook lede van die Parlotones sanggroep Kahn Morbee, Glen Hodgson en Neil Martin Pauw, is maar enkele van die bekendes wat almal deel was van die aksie op die gholfbaan.

Die bekende persoonlikhede het saam met ander ondersteuners van die projek gholf gespeel, terwyl almal hul deel bygedra het deur teddiebere in te samel en saam te bring na die gholfdag.

Groot pryse was op die spel en een van die deelnemers het selfs ‘n gholfkarretjie gewen, wat deur Golfcar SA – een van die dag se groot borge – verskaf is.

‘n Veiling is ook by die onthaal na die gholf-aksie aangebied. Geld wat by hierdie veiling ingesamel is sal gebruik word om nog meer teddiebere aan te koop, terwyl die Du Preez’s intussen ook by ‘n liefdadigheidsprojek betrokke geraak het wat skenkings doen aan die Laerskool Westerlig in Danville, Pretoria.   Hierdie projek sal ook baat vind by die fondse wat ingesamel is.

https://www.facebook.com/golfingforteddy/videos/264843300847168/

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button