Local sportSport

Padatlete kan vakansiegees afsweer met George Claassen padwedloop

Padatlete kry op 19 Januraie die geleentheid om aan die eerste groot wedloop van die nuwe jaar deel te neem as die PwC George Claassen halfmarathon weer in die ooste van Pretoria aangebied word.

Dis weer tyd om die hardloopskoene nader te trek ná die eet- en drink sondes van die feestyd en Pretoria se eerste groot padwedloop van die jaar is net die regte medisyne daarvoor.

Die stad se oudste marathonklub, die Pretoria Marathon Klub (PMK), bied vanjaar op 19 Januarie die 44ste PwC George Claassen Padwedloop aan.

Dié baie gewilde wedloop, wat amptelik deel is van Atletiek Gauteng Noord (AGN) se jaarprogram, word jaarliks aangebied ter nagedagtenis van die Comrades legende, George Claassen.

Claassen, wat in 2014 op die ouderdom van 97 jaar oorlede is, het die Comrades-marathon tien keer voltooi. Hy het twee goue-, vier silwer- en vier bronsmedaljes verower. Sy grootste prestasie was toe hy dié wêreldberoemde wedloop op 44-jarige ouderdom gewen het. Dit beteken dat hy naas Wally Hayward (46) die oudste persoon is wat ooit dié ultramarathon kon wen.

In 2018 het sowat 4800 atlete die PwC George Claassen wedloop voltooi. Die organiseerders maak hulle egter vanjaar gereed om die 5000 kerf te haal ten opsigte van inskrywings.

Vanjaar sal die wedloop weer begin en eindig by die Pick ‘n Pay Hypermarket in Atterburyweg, Faerie Glen. Daar is voldoende parkering by die winkelsentrum vir die deelnemers wat daarvan hou om vroeg by ‘n wedloop op te daag.   Volop parkering is ook beskikbaar by die nabygeleë Atterbury Value Mart.

Atlete kan weer kies tussen drie afstande. Benewens die 21.1km halfmarathon is daar ook ‘n 10km wedloop en ‘n 5km pretdraf. Elke atleet wat die wedloop voltooi  sal ‘n medalje ontvang.

Die roete van die wedloop vleg deur die boomryke strate en goedversorgde tuine van Faerie Glen. Die 21.km roete is, in belang van die veiligheid van atlete en kostebesparing, hoofsaaklik twee rondtes van die 10km. Sodoende kon die inskrywingsfooi relatief laag gehou word.

Vier waterpunte op die roete sal oor voldoende Coke en watersakkies beskik en by elke waterpunt sal ‘n toilet beskikbaar wees.

Die 21.1km en 10km wedlope vir stappers begin reeds om 05:30, terwyl die drawwers in hierdie twee wedlope om 06:00 sal wegspring. Die pretdrawwers volg daarna om 06:15.

Vooraf inskrywings kan op www.enteronline.co.za  of by die verskillende takke van Sportsmans Warehouse en bekende sportwinkels in Pretoria, Centurion en Johannesburg gedoen word.

Atlete sal ook op die dag van die wedloop vanaf 04:30 by die wegspringterrein kan inskryf.

Vir enige navrae, kontak Bert van der Raad by 082-922-6817 of per epos by bp-sunny@mweb.co.za .

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button