Silver Valke nooi nuwe spelers om aan te sluit
Die Silver Valke rugbyklub nooi belangstellende rugbyspelers om by hulle aan te sluit vir die 2019 seisoen.
Met die veranderende omgewing waarin klubrugby deesdae bedryf word, fokus plaaslike klubs veral op werwing van junior spelers en skoolverlaters.
Die Silver Valke in Silverton, ’n voormalige semi-finalis in die Carltonbeker liga, is steeds in die proses om hul geledere te versterk en daarom wil dié klub ook vanjaar ‘n sterk kompeterende onder-20 span in die Blou Bulle se nuwe opwindende junior liga inskryf.
Ervare administrateurs en afrigters soos die bekende Tommy Dreyer het reeds by die Silver Valke se afrigterskors aangesluit en die klub se voorseisoen program is sedert 14 Januarie reeds in volle swang, nadat ‘n kerngroep senior spelers ook reeds hard gewerk het in die afseisoen.
Die Silver Valke beskik oor puik fasiliteite, nie net ten opsigte van hul speelvelde nie, maar ook ten opsigte van hul eersteklas klubhuis, wat ’n volledige kroeg en restaurant insluit.
Daar is nog ruim geleentheid vir nuwe spelers – op onder-20 en senior vlak – om in die komende 2019 seisoen by die klub betrokke te raak en alle belangstellendes word genooi om oefeninge by te woon en deel te word van die Silver Valke familie.
Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae om 18:30. Afrigters en administratuers wat op soek is na geleentehde in klubrugby is ook welkom om by die Silver Valke aan te sluit.
Die klub is geleë in Roestoffstraat 220 in Silverton. Navrae kan gerig word aan Henry van Wyk by 083-466-9016.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
