Local sportSport

Oos-Moot, Montana staan hul man teen top skole by Moot byeenkoms

Die jaarlikse Moot atletiekbyeenkoms by die Hoërskool Oos-Moot het vanjaar skole vanoor Pretoria en selfs so ver as Johannesburg gelok, wat gesorg het vir puik prestasies op die baan en in die veld.

Hoërskool Oos-Moot se bekende jaarlikse Moot Atletiekbyeenkoms lok deesdae – anders as wat die naam aandui – selfs top atletiekskole uit Johanneburg

Helpmekaar Kollege was juis vanjaar een van die skole wat die aansien en standard van atletiek by dié byeekoms verhoog het, aangesien hulle beskik oor sommige van die beste skole-atlete in Gauteng.

Ander skole wat deelgeneem het was Hoërskool Montana, Prestige College van Hammanskraal, Midstream College, Hoërskool Hartbeespoort, Hoërskool Vorentoe van Johannesburg en die Thorn Ridge Privaatskool.

Oos-Moot en Montana se atlete het by die byeekoms veral ‘n goeie geleentheid gehad om hulself te toets aan Johannesburg se top atletiekskool (Helpmekaar) én een van die bestes in Pretoria. Prestige College beskik oor puik atlete en dié skool uit die noordelike deel van die Tshwane Metro het verlede jaar tweede geëindig by Pretoria se A-bond interhoër.

Beide Oos-Moot en Montana het egter nie teruggestaan vir hul meer gerekende teenstand nie. Dié feit kan vanjaar se A-bond interhoër een van die interessantstes in baie jare maak.

Hoewel die byeekoms op Oos-Moot se grasbaan aangebied is, was daar heelwat puik individuele prestasies en goeie tye in die baanitems. So byvoorbeeld het die top drie atlete in die 100m item vir seuns onder-19 aldrie daarin geslaag om deur die 11 sekonde grens te breek. Dié item is gewen deur Sifiso Miya van Prestige College (10,80), terwyl Ruan de Lange van Oos-Moot tweede was met sy tyd van 10,85 sekondes. Op dié twee spoedvrate se hakke was Frans Matlala van Vorentoe in 10,90 sekondes.

Die beste prestasie van die aand op die baan het gekom in die 1500 meter wedloop vir meisies onder-14, waar beide die eerste twee atlete prestasies gelewer het wat meer as 1000 punte op die bekende ABSA tabel werd is. Naledi Makgatha van Vorentoe het gewen in ‘n tyd van 04:37,68 (1126 punte) en die silver medalje het gegaan aan Talita Homan van Montana. Haar tyd was 04:45,59 en sy het 1025 ABSA tabel punte verdien.

Drie atlete kon ook deur die teiken van 1000 ABSA punte bars met hul vertonings in die velditems. Juan Oosthuizen van Helpmekaar se afstand van 59,77 meter (1125 ABSA punte) in die diskus vir seuns onder-17 staan hier uit.

Celia Janse van Rensburgse poging van 13,46 meter in die gewigstoot vir meisies onder-15 was 1013 punte werd, terwyl Oos-Moot se eie ster-atleet, Chane van Zyl die gewigstoot vir meisies onder-17 gewen het met ‘n afstand van 14,22 meter. Dit was 1012 ABSA-tabel punte werd.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button