Local sportSport

Bulls speel Stormers disnis op Loftus in puik SuperRugby afskop-wedstryd

Die Bulls het vriend en vyand verras deur die Stormers Saterdagaand op Loftus Versfeld behoorlik pakslae te gee met ‘n skitterdende bonuspunt-oorwinning.

Dis waarskynlik te vroeg vir Bulls ondersteuners om té opgewonde te raak, maar as Lood de Jager en sy manne kan voortbou op hul kliniese vertoning van Saterdagaand,waardeur hulle die Stormers met 40-3 vermorsel het, kan dié span die verrassing van die 2019 SuperRugby seisoen wees.

Pote Human se span het elke aspek van die spel oorheers en vier drieë gedruk, terwyl die Kapenaars nie een enkele keer die doellyn kon haal nie.

In die proses het Lood de Jager en sy mede lynstaanspringers ses balle by die Stormers afgeneem in die lynstane, terwyl Stoney Steenkamp, Duanne Vermeulen, Schalk Britz en Corniel Els die besoekers behoorlik ore aangesit het by die afbreekpunte.

Na net ‘n paar minute was dit reeds duidelik dat die Bulls van 2019 ‘n heel ander gedierte is as die een van die vorige paar seisoene. Goeie hantering en hardlooplyne het die span se Blitsbok-aanwins, Rosko Specman, genoeg ruimte gebied om drie verdedigers te klop op pad doellyn toe.

Die tuisskare kon daarna dalk nog aan hul span getwyfel het, maar met kliniese rugby in alle fasette het die Bulls hoe later hoe kwater die skroewe al hoe stywer vasgedraai. In hierdie proses het hulle daarin geslaag om geleenthede te skep vir al vier die drieë wat gedruk is.

Twee van die aspekte van die Bulls se vertoning wat hul ondersteuners waarskynlik die grootste vreugde sou verskaf was die Pretorianers se skrumwerk en hul puik verdediging. Pote Human se strategie om manne soos Pine Pienaar (verdediging) en Daan Human (skrumwerk) nader te trek kan beslis vanjaar nog as meesterskuiwe bewys word. Veral Pienaar kan hoogs tevrede wees met die Bulls se vlekkelose vertoning op die verdediging.

Uiteindelik het die Bulls in hierdie wedstryd hul beste vertoning in ‘n hele paar seisoene gelewer en as hulle hierop kan voortbou kan daar met reg uitgesien word na ‘n seisoen waarin die Bulls weer hul regmatige plek tussen die kompetisie se beste spanne in kan neem.

PUNTEMAKERS:

BULLS: 40   Drieë: Rosko Specmann (2), Johnny Kotze, Jesse Kriel. Doelskoppe: Handré Pollard (4). Strafdoele: Handré Pollard (4)

STORMERS: 03 Drieë: . Doelskoppe:  (). Strafdoele:  SP Marais (1)

Skeidsregter: Jaco Peyper

https://www.facebook.com/BullsOfficial/videos/252628365479450/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button