Skopghoeroe Vlok Cilliers betrokke by IRI in die Moot
Die internasionaal gerekende skopghoeroe, Vlok Cilliers, raak eersdaags betrokke by ‘n nuwe skopakademie vir alle ouderdomsgroepe wat deur die Internasionale Rugby-instituut by ABE Midas Naka Bulle Rugbyklub aangebied sal word.

Die Internasionale Rugby-instituut (IRI), wat die afgelope paar jaar reeds by ABE Midas Naka Bulle Rugbyklub gesetel is, is reeds bekend vir die hoë standard van vaardigheidsafrigting wat studente daar ontvang.
Behalwe vir die wetenskaplik-uitgewerkte program waarvolgens studente by die instituut afgerig word, beskik dié instelling ook oor die voordeel van toegang tot die Kees Lensing Voorry-Akademie.
Die nuutste toevoeging tot vaardigheidsopleiding by die IRI is die betrokkenheid van Vlok Cilliers se skopakademie, wat nou met dié instituut hande gevat het. Dié akademie sal nie net met studente van die IRI werk nie, maar laer- en hoërskool rugbyspelers is ook welkom om by die nuwe skopakademie aan te sluit.
Cilliers het wêreldwyd bekend geword vir sy vermoë om skoppers af te rig om nie net beter en meer akkuraat pale toe te skop nie, maar hul volledige skop-mondering te verbeter. Hy was ook jare betrokke by die Bulls, waar hy top skoppers soos Morné Steyn se mentor was.
Volgens Cilliers is dit reeds vroeg in die huidige seisoen duidelik dat goeie skopwerk weer ‘n gerekende faktor in moderne rugby is.
Hy het die kurrikulum van sy skopakademie oor baie jare ontwikkel. Dit sluit nie net skoptegniek in nie, maar ook ‘n toepaslike gimnasiumprogram en die sielkundige aspekte oor hoe skoppers in wedstrydsituasies die druk kan verwerk.
Die IRI se skopakademie is gereed om studente van alle ouderdomme, vanaf laerskoolleerlinge, te akkomodeer vanaf Aprilmaand vanjaar. Die program sal oor agt maande tot November duur en studente sal vier keer per maand intensiewe aandag van opgeleide afrigters kry, terwyl ‘n gimnasiumprogram ook ingesluit is by die kurrikulum. Cilliers sal self maandeliks die akademie besoek om studente te monitor en by te staan.
Vir meer inligting oor hierdie geleentheid, kontak Marinus van der Watt by 079-880-8604.
https://www.facebook.com/504730866722895/posts/505626006633381/?sfnsn=mo
Vir enige verdere inligting oor vergooi as sportsoort kan die president van die Vêrgooi Vereeniging, Bossie van Rensburg, by 083-380-9876 geskakel word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:


