Local sportSport

Nuwe Diamont Classic fietswedren bied roete vir almal

‘n Voormalige beroeps-fietsryer van Pretoria is baie opgewonde oor die nuwe Tshwane Diamond Classic-fietswedren wat eersdaags vir die eerste keer aangebied gaan word.

Die nuwe Tshwane Diamond Classic-fietswedren se roete pas fietsryers van alle fiksheidsvlakke – van beginners tot professionele ryers.

Dít is die mening van die voormalige beroepsryer David Labuschagne, wat deesdae voorsitter is van die Bestmed Bicycle Company, Pretoria se grootste fietsryklub. Hy beskou dit ‘n goed-gebalanseerde, uitdagende roete met ‘n fantastiese einde.

Labuschagne en sy klublede is oorgehaal om op 26 Mei die roete vir die eerste aanbieding van die Tshwane Diamond Classic aan te durf.

Die Tshwane Diamond Classic word aangebied deur Hectic Promotions, die nie-winsgewende maatskappy wat ook die Bestmed Cycle4CANSA en Tshwane Classic aanbied.

Die Diamond Classic begin en eindig by Baviaanspoort se Korrektiewe Dienste net buite Pretoria en volg ‘n skilderagtige sirkelroete deur Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit.  Fietsryers kan kies tussen afstande van 110km en 50km.

“Dis ‘n vinnige roete mits die wind gaan saamspeel. As die wind net  liggies waai gaan jaers dit baie geniet. Dit sal dan nie veel weerstand van voor bied nie, en daar sal heelwat plekke wees waar die wind lekker sal help,” het Labuschagne gesê.

Hy het beklemtoon dat die roete nie baie gunstig is vir die sogemaande “bergbokke” (jaers wat hou van bergklim) nie, maar hy glo die paar bulte sal tog ‘n bietjie woema uit die naelryers haal.

Die roete kry die groen lig by Labuschagne wat veiligheid betref.

“Die grootste deel van die roete vind op stil, mooi geteerde paaie in plattelandse gebeide plaas. Dit dra ook min verkeer. Hierdie faktore sal bydra tot ‘n ontspanne rit. Die teeroppervlak is deurgaans werklik goed,” het hy verduidelik.

Volgens Labuschagne toon padfietsry ‘n oplewing. Hy glo dis grotendeels daaraan toe te skryf dat Suid Afrikaaners in die Tour de France en ander internasionale wedrenne presteer. Daar is ook baie deelneemers wat begin ry het op bergfietse en nou meer belangstel in padfietse.

Hy glo die Diamond Classic gaan van krag tot krag gaan en dat dit ‘n volwaardige hoeksteen-wedren vir Pretoria gaan word.

“Pretorianers is die afgelope klompie jaar afgeskeep wat gehalte wedrenne betref.  Die Tshwane Diamond Classic, asook die groot Tshwane Classic is ideale wedrenne wat vir Pretorianers die geleentheid gee om aan goed georganiseerde byeenkomste deel te neem sonder om ver te reis,” het Labuschagne afgsluit.

Vir meer inligting oor the Tshwane Diamond Classic, gaan na www.cycleevents.co.za of stuur ‘n epos na hecticpromotions101@gmail.com

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button