Local sportSport

Springbok flank draf vir Naka Bulle uit

‘n Baie gewilde gesewe Springbok flank, wat ook vir die Bulls én die Waratahs SuperRugby gespeel het, sal Saterdag in die Moot vir ABE Midas Naka Bulle in aksie wees.

Die gewese Bulls en Springbok flank, Jacques Potgieter, maak op Saterdag 8 Junie sy buiging vir ABE Midas Naka Bulle wanneer dié span op hul tuisveld in die Moot teen Springs sal speel in die Volcanobeker Interprovinsiale klubrugby toernooi.

Potgieter, wat ook in 2014 vir die Waratahs SuperRugby gespeel het tydens die seisoen wat die span van Sydney, Australië, as kampioen gekroon is, behoort ‘n groot trekpleister vir toeskouers by dié klubrugby wedstryd te wees. Afskoptyd is om 16:00.

Springs het ABE Midas Naka Bulle op 27 April vanjaar in die eerste rondte van die toernooi geklop en daar is groot afwagting om te sien of die manne van die Moot sake Saterdag kan omdraai.

Al die ander Bloubul klubs speel ook Saterdag op hul tuisvelde. Tuks speel teen Rustenburg Impala, Centurion kom teen Northan se Rhinos te staan en Quins-Bobbies speel teen East Rand United. Al hierdie wedstryde sal ook om 16:00 begin.

Daar word reeds die afgelope jaar of twee voorspel dat die gaping tussen professionele- en klubrugby baie vining gaan verklein in die nuwe fase wat vir Suid-Afrikaanse rugby voorlê.

Groot unies het nie meer die begrotings om vir groot hoeveelhede spelers professionele kontrakte aan te bied nie, terwyl al hoe meer kleiner unies op semi-professionele wyse bedryf word. Dit beteken dat die spelers wat vir B-liga unies in die Curriebekeerreeks uitdraf byna almal ook ander beroepe beoefen en nie voltyds rugby speel nie.

Hierdie toedrag van sake het administrateurs op klubvlak laat besef dat daar geleethede bestaan om top spelers by hul geledere te betrek.

Net soos wat al hoe meer spelers klubrugby sal moet gebruik om naam te maak as hulle droom van ‘n professionele loopbaan, lyk dit of die tendens ook andersom ‘n invloed in rugby kan kry.

Terwyl die meeste spelers met professionele kontrakte wat die afgelope dekade wel aan klubrugby blootstelling gekry het, op dié vlak in die Varsitybekerreeks vir universiteite gespeel het, lyk dit of oopklubs ook binnekort al hoe meer baat kan vind by die nuwe bedeling.

Verskeie spelers wat reeds in die professionele arena naam gemaak het, het die afgelope maande vir spanne in die Volcanobeker toernooi uitgedraf. Selfs manne met SuperRugby ervaring en ‘n Springbok sewes speler was al in dié liga in aksie.

Die 33-jarige Potgieter, wat in 2012 in drie toetse vir die Springbokke uitgedraf het, sal egter die eerste vyftienman Springbok wees om in ‘n baie lang tyd klubrugby op dié vlak te speel.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Check Also
Close
Back to top button