Plaaslike skopboksers presteer
Die Exclamation Kickboxing Klub se lede het top prestasies behaal by die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskap in Oudtshoorn.
Die Exclamation Kickboxing Klub se atlete het vanjaar weer puik presteer by die nasionale kampioenskap, wat in Oudtshoorn in die Wes-Kaap aangebied is.
Vyf van die klub se studente het gekwalifiseer om deel te neem aan die kampioenskap en al vyf het ten minste een medalje huis toe gebring.
Pieter Bosch was die klub se top presteerder met twee goue medaljes. Hy is ook as Suid-Afrikaanse kampioen in sy gewigsafdeling aangewys.
Simone Deysel het drie silwer medaljes verower, terwyl Shian Charles Schoeman een brons en een silwer medalje ingepalm het.
Frikkie Deysel en Seth Solomon het elk een silwer medalje verower.
Vir meer besonderhede oor die klub kan Schoeman geskakel word by 073-087-4484.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie
