Local sportSport

Bulls eindig vyfde in SuperRugby toernooi ná puik oorwinning oor Lions op Loftus

Die Bulls speel volgende naweek in Wellington, Nieu-Seeland teen die Hurricanes in die kwarteindstryd van die 2019 SuperRugby toernooi nádat hulle die Lions Saterdagaand met 48-27 kafgedraf het.

Die Bulls het Saterdagaand sewe drieë teen die Lions se twee gedruk in ‘n Jukskeirivier derby op Loftus Versfeld om dié SuperRugby wedstryd met 48-27 en ‘n bonuspunt op die punteleer te wen.

Daarmee het die Bulls in die vyfde plek op die punteleer geëindig en hulle sal eerskomende Saterdag in Wellington, Nieu-Seeland, teen die Hurricanes speel in die kwarteindrondte van die toernooi.

Die Lions, daarenteen, het negende geëindig en vir die eerste keer in vier seisoene nie die uitspeelrondtes gehaal nie.

Hierdie wedstryd het op byna bisarre wyse begin toe die Lions se agtsteman, Hacjivah Dayimani, direk van die afskop af verskeie verdedigers in die lug laat gryp het om deur te nael vir ‘n drie binne 19 sekondes se speeltyd.

Dié drie was egter ‘n frats, want die Bulls het gou kalm geraak en na drie minute was sake weer gelykop, toe Hanru Liebenberg kon oordryf ná goeie spel deur die Bulls se pak voorspelers.

Hoewel ‘n mens meer persentasie-rugby sou verwag in so ‘n belangrike wedstryd, het die manne egter nooit daardie begin-pas laat vaar nie en die eerste helfte is teen ‘n reuse tempo afgehandel.

Elton Jantjies met drie stafdoele en Andries Coetzee met ‘n skepdoel te die telbord stadig maar seker aan die rol gehou vir die besoekers, maar dit was die Bulls wat die druk kon volhou en die drieë kon inryg. Teen rustyd was hulle reeds gerieflik met 31-19 voor danksy nóg drie drieë, onderskeidelik deur Marco van Staden, Lizo Gqoboka en Burger Odendaal.

Na die omdraaislag het die Lions alles uitgehaal om die gety te probeer draai, aangesien hul lewe in die reeks van hierde uitslag sou afhang.

Jantjies het met verskeie strafdoele geslaag om die span binne trefafstand te hou, terwyl Andries Coetzee ook met ‘n skepdoel geslaag het.

Na ‘n drie deur Cyle Brink het die Lions op een stadium weer binne trefafstand van die Bulls se telling gekom.

Die tuisspan was egter goed genoeg om die laaste kwart van die wedstryd te oorheers en die oorwinning met nog drie puik drieë te beklink.

 

PUNTEMAKERS:

BULLS: 48 Drieë: Hanru Liebenberg, Marco van Staden, Lizo Gqoboka, Burger Odendaal, Cornal Hendricks, Handré Polard, Manie Libbok. Doelskoppe: Handré Pollard (5).  Strafdoele: Handré Pollard (1).

LIONS: 27 Drieë: Hacjivah Dayimani, Cyle Brink , Doelskoppe: Elton Jantjies (1). Strafdoele: Elton Jantjies (4). Skepdoel: Andries Coetzee (1).

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen

 

https://web.facebook.com/BullsOfficial/videos/569019643622875/

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button