Local sportSport

Nuwe atletiekklub behaal gou groot sukses

‘n Jong atletiekklub in die noorde van Pretoria het binne enkele maande sedert sy stigting daarin geslaag om ‘n stewige bydra tot Gauteng-Noord se landloopspan vir die interprovinsiale kampioenskap op te lewer.

Die sukses wat een van Pretoria se jongste atletiekklubs in enkele maande sedert sy stigting behaal het, is niks minder as merkwaardig nie.

Toe Angelique Visser minder as ’n jaar gelede die Souls of Fire Atletiekklub in die Montana en Sinoville omgewing gestig het, was die aanvanklike doelwit om haar eie vier kinders en ’n paar maats onder haar vlerk te neem.

Rekord het verlede jaar reeds berig oor Visser en haar vier kinders, wat die merkwaardige prestasie behaal het om almal gelyktydig in die Gauteng-Noord landloopspan opgeneem te word.

Sommige van die maats wat by die nuwe klub aangesluit het se ouers het besluit om ook betrokke te raak en saam te oefen en só is die klub se bedrywighede afgeskop met twaalf lede, hoofsaaklik skoolkinders en ’n paar mammas.

Binne enkele maande het die Souls of Fire Atletiekklub reeds 60 ingeskrewe lede. Visser het haar intussen amptelik as afrigter bekwaam en sy het die afgelope weke hard gewerk om haar atlete gereed te kry vir die landloop seisoen.

Die heel merkwaardigste prestasie van die klub is dat, ten spyte van die feit dat Souls of Fire nog nie ‘n jaar oud is nie, 22 van sy lede onlangs die Gauteng-Noord Landloopspan gehaal het wat aan die interprovinsiale kampioenskap in Middelburg gaan deelneem het.

Visser het aan Rekord gesê dat hulle groot planne het om die nuwe klub uit te brei en ook spesialis afrigting aan middel- en langafstand baanatlete te bied. Atlete van alle ouderdomme – 6-jaar tot bejaard – en selfs padatlete is welkom om aan te sluit en saam met die groep te oefen.

Die Souls of Fire Atletiekklub is gesetel by Laerskool Stephanus Roos in Sinoville. Oefentye vir die huidige landloop seisoen is Maandae tot Donderdae tussen 17:00 en 18:00.

Vir meer inligting kan Angelique Visser gekontak word by 071-557-4613.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button