Local sportSport

Quins-Bobbies veg terug om Valke-kampioen te klop

Quins-Bobbies het met hul weg-oorwinning die afgelope naweek teen Springs gewys dat hulle beslis nog nie buite rekening gelaat kan word as kandidaat vir die Volcanobeker halfeindstryde nie.

Slegs een wedstryd in die Volcanobeker interprovinsiale klubrugby-toernooi is die afgelope naweek beslis.

Gert Mulder en Johan Kluyts se Quins-Bobbies (QBR), wat ’n wisselvallige seisoen beleef, het wéér een van die top vier spanne geklop, toe hulle Springs in ’n weg-wedstryd met 45-42 getroef het.

Met hierdie oorwinning het QBR nie net hul omstrede nederlaag in die eerste rondte teen die Valke se kampioenspan gewreek nie, maar boonop nóg nader aan die top vier spanne op die punteleer gekruip. Danksy die bonuspunt wat Springs verdien het vir die vyf drieë wat hulle gedruk het, kon hulle daarin slaag om steeds een punt voor QBR op die punteleer te bly, maar die manne van Groenkloof blaas nou in hul nekke in die vyfde plek.

QBR se leierskap, waaronder die nuwe kaptein en vuurvreter flank, Jaco Lotter, moet ook baie krediet kry vir die wyse waarop die span in die tweede helfte teruggeveg het om die wedstryd te wen ná ’n agterstand van 17-32 teen rustyd.

Losskakel Hendrik Mulder het ook weer uitgeblink en ’n baie waardevolle bydrae met sy akkurate skopvoet gelewer. Terwyl hy self een van die Pretorianers se ses driedrukkers was, het hy al ses die drieë verdoel én ’n baie belangrike strafdoel bygevoeg vir ’n persoonlike bydrae van 20 punte.

QBR sal ook baie selfvertroue vir die res van die toernooi put uit die feit dat hulle weer met positiewe rugby daarin geslaag het om drieë te druk en sodoende hul teenstanders te oorrompel.

Met die uitsondering van hul wedstryd die vorige week teen Impala het QBR die afgelope maand maklik bonuspunte verdien deur die drieë in te ryg wanneer hulle die bal lug gee – ook teen top spanne in die liga.

– Die wedstryd wat die afgelope naweek tussen East Rand United en Centurion gespeel sou word is ná ’n ooreenkoms tussen die twee spanne tot 17 Augustus uitgestel. Al die ander spanne het die afgelope naweek loslootjies gehad.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button