Local sportSport

Grizzlies se Jeugklub gereed vir 2019 seisoen

Dit weer tyd vir Jeugrugby op klubvlak en die Grizzlies se jeugklub het reeds begin oefen vir die nuwe seisoen wat eersdaags sal afskop.

Dis byna weer tyd vir die Jeugklub rugbyseisoen om te begin en by Tuine Sportklub is die Grizzlies se jongelinge reeds hard aan die oefen.

Grizzlies se Jeugklub maak voorsiening vir elke jong speler wat graag rugby op klubvlak wil speel – van die onder-6 en onder-7 seuntjies wat “tag”-rugby speel, tot by die onder-19 manne.

Vanaf die onder-8 ouderdomsgroep begin die manne 15-man rugby speel en Grizzlies beplan weer om vanjaar in elke ouderdomsgroep ten minste een span vir die Blou Bulle se jeugklub ligas in te skryf.

Alle voornemende rugbyspelers in hierdie ouderdomsgroepe is welkom om by die Jeugklub aan te sluit, selfs al speel hulle nie rugby op skool nie.

Die Grizzlies is ’n gemeenskapsklub en streef daarna om in samewerking met die mense van Pretoria se Weste rugby te gebruik om die gemeenskap op te hef. Die Grizzlies Jeugrugby Klub vier vanjaar reeds sy vyfde bestaansjaar en word beskou as een van die top klubs in die Blou Bulle se Jeugklub ligas.

Tuine Sportklub beskik oor eersteklas fasiliteite en al die afrigters by die Grizzlies Jeugklub is tegnies baie goed opgelei. Die ontwikkeling van elke speler as rugbyspeler én as mens is prioriteit vir dié klub se afrigters.

Een van die bekende byvoordele van Jeugklub rugby is die kans wat spelers vanaf die onder-13 ouderdomsgroep kry om aan proewe deel te neem vir die Blou Bulle se verteenwoordigende Jeugklub spanne, wat jaarliks deelneem aan ’n interprovinsiale toernooi teen soortgelyke spanne van unies soos die Sharks, Lions en Valke.

Die Grizzlies se bydrae tot die Bloubul spanne groei jaarlisk en verlede seisoen het 16 seuns van die klub die Bloubul trui op hierdie vlak gedra.

Die Jeugklub ligaseisoen skop in Augustus af en agt rondtes wedstryde word gespeel. Oefeninge vind op weeksaande plaas en alle oefeninge begin daagliks om 18:00. Op Maandae en Woensdae oefen die onder-8, onder-9, onder-10 en onder-13 spanne. Dinsdae en Donderdae kom die onder-6, onder-7, onder-11, onder-12 en onder-14 seuns aan die beurt, terwyl die onder-8 en onder-12 seuns ook op Vrydae oefen.

Wedstryde word op Saterdae gespeel, wat beteken dat die meeste ouers hul kinders kan ondersteun.

Enige ouers of ander belangstellendes wat as afrigters of spanbestuurders betrokke wil raak by die Grizzlies Jeugrugby klub, is welkom om die bestuur te kontak. Net soos in die geval van die spelers, kan Jeugrugby op klubvlak ook deure oopmaak vir afrigters en administrateurs met groter drome.

Ervare en nuwe jong spelers wat graag by die Grizzlies familie wil aansluit is welkom die oefeninge by te woon. Vir enige navrae kan die voorsitter, Barend Bossert by 083-880-5185 of die ondervoorsitter, Quintin Lombard, by 083-409-9558 geskakel word. Besoek ook die klub se eie facebook blad onder ‘Grizzlies Jeug Rugby’.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button