Local sportSport

Griekwas skok Blou Bulle op Loftus

Die Blou Bulle is diep in die moeilikheid en lê heel onder aan die Curriebeker punteleer nadat hulle Saterdagaand pakslae gekry het teen die Griekwas op Loftus Versfeld.

Die brilante jong rugby-afrigter, Brent Janse van Rensburg, se span het dit wéér gedoen. Hulle het vir ’n tweede keer in vanjaar se Curriebeker reeks een van die sogenaamde “groot vyf” pakslae gegee toe hulle die Blou Bulle Saterdagaand op Loftus Versfeld met 37-15 geklop het.

Met drie nederlae uit vier wedstryde lyk dit of Pote Human se Bloubul-span nou eerder sal moet veg om nié heel onder aan die punteleer te eindig en dalk in ’n promosie-relegasie wedstryd betrokke te wees nie. Die Curriebeker halfeindrondte lyk op hierdie stadium na ’n onmoontlikheid vir die manne van Loftus.

Die Blou Bulle het goed begin en na slegs vyf minute is Rosco Spekman (wie anders?) onder die pale oor die doellyn, nadat Dylan Sage netjies gebreek het.

Toe Manie Libbok nog vyf minute later ’n strafdoel deur die pale jaag en die Blou Bulle hul voorsprong na 10-0 rek, wou dit lyk of die Griekwas ’n moeilike aand sou beleef.

Daarna het dinge egter drasties verander en die tuisspan kon nooit terugkom in die wedstryd nie.

Die Poubloues het deeglik teruggebons en gewys waarom hulle van die begin af as een van die gevaarlike buiteperde in vanjaar se Curriebeker reeks beskou is.

Halfpad deur die eerste helfte het skrumskakel Zak Burger ’n netjiese beweging afgerond, nadat ’n paar spelers in die vooraf beweging hanteer het. Die laaste aangee na Burger het wel verdag gelyk, maar die jong skeidsregter van die WP, Divan Uys, wou niks weet van ’n verwysing van die TV-skeidsregter nie en die drie is verdoel.

Kort daarna het die manne uit Kimberley weer so gemaak en dit was weer Burger wat kon afrond – hierdie keer sonder omstredenheid.

Skielik was die Blou Bulle onder druk en Griekwas het veral by die afbreekpunte met nuwe vuur ingeklim. Dis juis by dié aspek van die spel waar hulle twee strafskope gemelk het, wat George Whietgead albei deur die pale gejaag het vir ‘n rustyd voorsprong van 20-10 vir die Noord-Kapenaars.

Die tweede helfte kan kortliks opgesom word as ’n treurmare vir die Blou Bulle en ’n konstruktiewe, doelgerigte rugby deur die besoekers, wat duidelik die beter afgerigte span was.

Die Blou Bulle het die maklike kanse gehad om te druk, maar elke keer óf die bal verloor óf hul kanse met ongeoorloofde spel verongeluk.

Griekwas het met goeie teenaanvalle vanaf omgekeerde besit nog twee keer gaan druk en sodoende daarin geslaag om ‘n bonuspunt-oorwinning te behaal.

 

https://web.facebook.com/BullsOfficial/videos/499355280833036/

 

PUNTEMAKERS:

BLUE BULLS: 15  Drieë: Rosco Spekman, Marco van Staden . Doelskoppe: Manie Libbok (1). Strafdoele: Manie Libbok (1)

GRIEKWAS: 37 Drieë: Zak Burger (2), Eduan Keyter, Victor Sekekete. Doelskoppe: George Whitehead (4). Strafdoele: George Whitehead (3).

Skeidsregter:  Divan Uys

 

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button