Local sportSport

Johnny Reitz Big 5 stoeitoernooi bars uit sy nate

Die bekende Johnny Reitz Big 5 Ope stoeitoernooi het vanjaar alle vorige rekords oortref en meer as 700 stoeiers het aan die aksie in die Rembrandsaal op die Tuks sportkampus deelgeneem.

Die Johnny Reitz Big 5 Ope stoeitoernooi is lank reeds die grootste van sy soort op klubvlak in Suid-Afrika, maar die afgelope naweek het dié gewilde toernooi nuwe hoogtes bereik.

Met 730 ingeskrewe stoeiers van alle ouderdomsgroepe het dié toernooi letterlik uit sy nate begin bars en die Rembrandt saal op die sportkampus van die Universiteit van Pretoria was stampvol met stoeiers, afrigters, beamptes en toeskouers wat vanoor die hele land opgeruk het om te deel in die aksie.

Stoeiers vanaf die onder-6 oudersomsgroep tot by seniors het in verskillende kategorieë meegeding. Byna sestig klubs en stoeiverenigings was by die toernooi betrokke en die meeste van Suid-Afrika se nege provinsies is verteenwoordig. Behalwe vir die oorsese besoekers het die Drostdy Stoeiklub uit  Worcester in die Wes-Kaap waarskynlik die verste gereis om in die aksie te deel.

Nege stoeimatte moes by dié bekende saal ingepas word om die vol program te akkommodeer, terwyl beamptes van Stoei Gauteng-Noord hulself moes oortref om die aksie seepglad te laat verloop.

Die toernooi het vanjaar ook weer  internasionale status gekry met ’n besoekende span van die staat Oregon in Amerika wat as gaste van Stoei Gauteng-Noord aan die toernooi deelgeneem het.

Hierdie span uit Amerika het gespog met verskeie top stoeiers en die plaaslike deelnemers wat die geleentheid gekry het om teen een van die Amerikaanse besoekers te stoei, het daardeur dus waardevolle internasionale ervaring opgedoen.

Een van die aspekte wat bydra tot die gewildheid en status van die Johnny Reitz Big 5 toernooi is die besondere medaljes wat stoeiers by die byeenkoms kan verower. Soos die naam van die toernooi aandui, word daar jaarliks ’n afbeelding van een van Suid-Afrika se Groot Vyf wildsoorte op die medaljes laat druk. Vanjaar het die renoster weer aan die beurt gekom.

Stoeiers wat jare lank reeds aan hierdie toernooi deelneem se groot doelwit is dus om ’n volledige stel medaljes te versamel waarop al vyf die diersoorte afgebeeld is.

Die Johnny Reitz Big 5 is ook jaarliks ’n openbare getuienis van die groei wat stoei in Suid-Afrika beleef onder vroulike deelnemers. Die Amerikaanse span uit Oregon het ’n besonder groot hoeveelheid vroue-stoeiers in hul geledere gehad, maar hul Suid-Afrikaanse teenstanders het beslis nie nodig gehad om vir hulle terug te staan nie.

Gevegte in beide die twee gewildste stoei style, Grieks Romeins en Vrystyl was oudergewoonte deel van die program by die Johnny Reitz Big 5 toernooi.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button