Local sportSport

Tshwane 10’s weer ‘n reuse sport-partytjie

Die vierde Tshwane 10’s sportfees is die afgelope naweek met groot sukses by Loftus Versfeld aangebied en duisende besoekers kon deel in die aksie op en van die sportvelde af.

Die jaarlikse Tshwane 10’s sportfees het nou reeds ’n instelling in Pretoria geword en vanjaar se weergawe van dié byeenkoms het nie teleurgestel nie.

Duisende deelnemers en toeskouers het vanoor die hele Gauteng – en verder – na Loftus Versfeld opgeruk om deel te wees van hierdie sportfees.

Spanne vir die verskillende sportsoorte het selfs uit Mpumalanga en Noordwes ingeskryf om te kom deel in die aksie en pret, wat vanjaar vir die eerste keer op Loftus Versfeld aangebied is, nadat dit vroeër by die Harlequins klub gevestig was. Die skuif na Loftus het veral ten opsigte van parkering die logistiek rondom die sportfees vergemaklik.

Hoewel 10’s rugby die hooftema van die sportfees is, het spanne ook aan sportsoorte soos netbal, sokker en die bekende Amerikaanse sportsoort ‘dodgeball’ deelgeneem.

Hierdie sportfees is veral bekend vir die struktuur, waar enige gewone speler die kans kry om teen supersterre soos Bakkies Botha, Jacques Burger of die bekende MMA-vegter, Gareth ‘Soldierboy’ McLellan deel te neem. Ook onder die netbalspanne was ’n paar voormalige Protea-sterre te sien.

Die Tshwane 10’s staan nie verniet bekend as die grootste sportpartytjie van die jaar in Pretoria nie. Behalwe vir die sport aksie, was daar ’n reuse biertent, waar feesgangers op dag twee (Saterdag) ook na die wêreldbeker toets tussen Suid-Afrika en Namibië kon kyk.

Volop kosstalletjies het gesorg vir die honger mae, terwyl ’n reuse springkasteel met ’n Bloubul tema gesorg het dat die jonger kinders hul energie behoorlik kon verbrand.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button