Local sportSport

Tuine Sportklub kry spoggerige waterpark

Die Tuine Sportklub in die Weste van Pretoria het verlede week hul splinternuwe waterpark amptelk in gebruik geneem.

Die Tuine Sportklub in die weste van Pretoria spog lank reeds met van die beste fasiliteite van alle sportklubs in Pretoria, wat dié klub vir ten minste vyf jaar reeds die gewildste ontspanningsentrum in die weste van die stad maak.

Onder die puik fasiliteite van die klub tel ’n reuse klubhuis wat ook ’n restaurant en kroeg huisves, goed versorgte sportvelde, eersteklas spreiligte en selfs ’n toegeruste TV-ateljee en verhoog waar kunstenaars gereeld voor die gemeenskap optree.

Danksy hierdie fasiliteite kon sportbedrywighede by die Tuine Sportklub die afgelope jare floreer en die klub het ’n ware geneemskapsentrum vir die mense van Pretoria se Weste geword.

Met die somer wat nou amptelik aangebreek het, spog die Tuine Sportklub deesdae ook met nóg ’n nuwe fasiliteit, wat dié klub beslis kop en skouers bo ander sportklubs in die stad sal laat uitstaan.

Ná maande van harde werk kon die Grizzlies Island Waterpark verlede week amptelik geopen word. Hierdie waterpark, wat op die terrein van die Tuine Sportklub gebou is, bestaan uit drie verskillende swembaddens, asook kleiner glypanke en ’n super-waterglybaan.

Die waterpark is ook toegerus met nuwe ablusiegeriewe en verskeie losstaande braaiplekke, wat tot lede van die klub se beskikking sal wees.

Volgens Jaco Olivier, voorsitter van die Tuine Sportklub, sal die waterpark teen ’n dagtarief vir die publiek oopgestel word tot einde November. Daarna sal dié gerief slegs toeganklik wees vir amptelike lede van die sportklub.

Die vyf mense wat die afgelope jaar daagliks hard gewerk het om die waterpark by die Tuine Sportklub te laat realiseer. Van links is Oupa Olivier, Jeanette Olivier, Jaco olivier (voorsitter van Tuine Sportklub), Barend Bossert en Melanie Ellerman.
Foto: Koos Venter

“Ons het die waterpark gebou vir ons lede. Enigiemand wat ’n ingeskrewe lid van die klub is, sal toegang hê tot alle fasiliteite van die klub. Daar is ook ’n gesinsfooi, wat beteken die hele gesin kan lid word as een of meer lede van daardie gesin ’n amptelike lid van die sportklub is en in die kleure van die klub aan sport deelneem,” het Olivier verduidelik.

Met die nuwe fasiliteit word beplan om ’n swemklub eersdaags te voeg by die bestaande rugbyklub, jeugrugby klub, rugby league klub, ringbalklub, netbalklub en drafklub wat reeds deel is van die Grizzlies-familie. Die toevoeging van nog sportsoorte is in die beplanningsfase.

Volgens Olivier is hierdie nuwe fasiliteit ’n nog ’n fase in hul plan om aan die Grizzlies sportspanne en lede van Tuine Sportklub die beste fasiliteite in die stad te bied.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button