Local sportSport

Silver Valke Rugbyklub begin oefen vir 2020 seisoen

Die bestuur van die Silver Valke Rugbyklub glo dat hulle vanjaar weer die klub op die wenpad sal kry om die gloriedae van die verlede te laat herleef.

Die Silver Valke Rugbyklub in Silverton is tans die enigste klub wat ’n gerieflike tuiste bied op die voorstoep van klubrugby spelers in die Oostelike voorstede van Pretoria.

Ten spyte van ’n moeilike begin in 2019, het dié klub van krag tot krag gegaan en uiteindelik die seisoen met harde werk en goeie afrigting baie kompeterend afgesluit.

Henry van Wyk, voorsitter van die Silver Valke, het aan Rekord gesê hulle wil vanjaar vroeg begin om op ’n hoë vlak sake te bestuur om te verseker dat die klub vanjaar verder verbeter.

“Ons streef daarana om weer die hoogtes van die verlede te bereik,” het Van Wyk verduidelik.

Dis geen geheim nie dat die Silver Valke sowat ’n dekade gelede getel het onder die top Carltonbeker klubs in Pretoria en gereeld met die groot kanonne afgereken het.

“Om egter ons doelwit te bereik het ons ons top afrigters en spelers nodig en daarom is ons tans besig met ’n sterk werwingsprogram. Ons 2020 seisoen begin in alle erns op 7 Januarie by die Silver Valke Rugbyklub, 220 Roestoff straat, Silverton. Oefeninge vind plaas vanaf 18:30 en 20:00,” het Van Wyk gesê.

Van Wyk nooi alle belangstellende rugbyspelers en gekwalifiseerde afrigters om by die klub aan te sluit.

Vir enige navrae kan Henry van Wyk gekontak word by 083-466-9016.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button