Local sportSport

Hoërskool Waterkloof se skoliere word rolbal pioniers

Hoërskool Waterkloof is besig om baanbrekerswerk te doen om nuwe jong rolbalspelers te kweek.

Vir jare reeds bestaan die persepsie dat rolbal ’n sportsoort is wat eksklusief deur ouer mense en pensionarisse beoefen word.

Hierdie persepsie is egter reeds deur verskeie junior spelers in die Gauteng-Noord ligas verkeerd bewys, aangesien dié provinsie gereeld puik junior spelers oplewer.

’n Leemte wat egter steeds in die sport bestaan het, is dat geen amptelike skole-liga onder die jurisdiksie van Rolbal Gauteng-Noord beskikbaar is nie.

As Muller van der Nest, direkteur van kleiner sporte by Hoërskool Waterkloof, egter sy sin kry gaan hierdie scenario binnekort verander. Hy droom van ’n kompeterende skole rolballiga en hy het reeds in samewerking met die Wingatepark Rolbalklub die bal spreekwoordelik aan die rol gesit om hierdie ideaal te verwesenlik.

Van der Nest en die eerste paar belangstellende leerlinge van Klofies het einde verlede jaar deelgeneem aan ’n sosiale rolbaldag, waartydens hulle die spel beter leer ken het. Hierdie aksie het plaasgevind onder die wakende oog van senior lede van die klub, wat byderhand was om enige vrae te beantwoord of om tegniese en praktiese raad aan die nuwe spelers te gee.

Volgens Van der Nest hoop hy om genoeg belangstelling uit leerlinge van Waterkloof te lok om vir eers die junior geledere van die klub te versterk. Sy langtermyn doelwit is egter ’n stewige skole-liga en hy hoop dat ander skole in Pretoria gou deel sal word van dié nuwe wending in rolbalgeledere.

Senior bestuurslede van Wingatepark rolbalklub is baie opgewonde oor die nuwe inisiatief en glo dat dit nie net nuwe lewe in hul klub sal blaas nie, maar op die langtermyn ook ’n baie positiewe invloed op die klub én die provinsie se junior ligas sal hê.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button