Local sportSport

Nóg ’n suksesverhaal vir Pretoria se mees ervare tennis mentor

’n Oud leerling van Hoërskool Waterkloof het die jongste tennisspeler geword om onder leiding van die ervare Kobus Botha van Pretoria te vorder tot die top drie op die Suid-Afrikaanse ranglys.

Pretoria en Suid-Afrika se mees ervare tennisafrigter en -mentor, Kobus Botha, het dit wéér gedoen.

Vir die derde keer in drie jaar het een van die jong spelers wat Botha onder hande geneem het tot die top drie in hul ouderdomsgroep op die amptelike ranglys van Tennis SA gevorder.

Chrisjan van Wyk, wat verlede jaar ’n matriekleerling aan die Hoërskool Waterkloof was, het in sy  laaste skooljaar sulke goeie tennis gespeel dat hy kon vorder tot Suid-Afrika se derdebeste o.18 speler in die enkelspel, terwyl hy as dubbelspelspeler die tweede plek beklee het.

Van Wyk volg hiermee ironies genoeg in sy jonger broer, Francois, se voetspore. Soos Rekord berig het in Julie 2018, was die jonger Van Wyk-broer destyds reeds gereken onder die top drie o.16 tennisspelers in Suid-Afrika. Trouens, reeds as o.14 speler was hy as Suid-Afrika se beste gekeur.

Nog ’n Pretorianer wat onder Botha se leiding naam gemaak het is Carlé Botha, wat in 2017 reeds Suid-Afrika se beste o.12 meisie speler was. Dié belowende junior, wat deesdae aan Hoërskool Menlopark verbonde is, is steeds een van die land se beste juniors en het Suid-Afrika al by verskeie geleenthede op die tennisbaan verteenwoordig.

Die ouer Van Wyk het wel stadiger as ander studente van Botha ontwikkel, maar hy mag dalk binnekort die grootste deurbraak maak.

Hy is verlede jaar in ’n baie kompeterende omgewing aangewys as Hoërskool Waterkloof se beste tennisspeler én hy was Gauteng-Noord se beste o.19 speler. Daarna het hy ook as nommer-een speler in die Suid-Afrikaanse skolespan gespeel.

Op klubvlak was Chrisjan in sy graad 11 jaar reeds die Lyttleton Tennisklub se enkelspel kampioen – die jongste om dié titel te wen in die klub se geskiedenis.

Verlede jaar het hy as enkelspel speler in alle amptelike toernooie waaraan hy deelgeneem het ’n wenpersentasie van 76% gehandhaaf en vier titels ingepalm, terwyl hy in nog twee toernooie tot die eindstryd gevorder het.

Van Wyk is reeds gekeur om met ’n tennisbeurs in die Amerikaanse staat North Carolina te gaan studeer. Hy vertrek egter eers in die tweede deel van 2020 na Amerika en beoog om intussen plaaslik voltyds te fokus op sy tennisloopbaan.

Kobus Botha se tennis akademie, Pro Ten Tennis, is gesetel op die sportkampus van die Universiteit van Pretoria. As Suid-Afrika se mees ervare afrigter, wat reeds spelers op die wêreld se topvlak afgerig het, wéét Botha hoe om ’n speler op elke vlak voor te berei vir ’n suksesvolle tennisloopbaan.

Vir navrae kan Botha geskakel word by 083-456-3646.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button