Local sportSport

Bulls maak skande teen aggressiewe Jaguares op Loftus

Vier nederlae in ’n ry, waarvan twee agtereenvolgens op Loftus Versfeld, terwyl hulle net een ligapunt op die puntelys het om vir hul moeite te wys – dit is die Bulls se situasie ná die loesing wat hulle Saterdagaand op Loftus Versfeld by die Jaguares van Argentinië gekry het.

Jerónimo de la Fuente en sy Jaguares-span uit Argentinië het Saterdagmiddag op Loftus Versfeld bevestig dat Pote Human se Bulls baie diep in die moeilikheid is toe hulle die Bulls met 39-24 pakslae gegee het.

Daar lê nog 12 ligabepalings, waarvan vyf oorsee gespeel moet word, vir Human se span voor in die 2020 SuperRugby toernooi en die rooi ligte flikker oral oor Loftus Versfeld vir dié span.

Die Bulls het Saterdagaand in elke aspek behalwe die vaste skrums pak gekry teen die Suid-Amerikaners en dié gesukkel het uitgeloop op ses drieë vir die besoekers teen die drie van die tuisspan.

Afronding was weer die Bulls se groot probleem. Hulle het, veral in die eerste helfte, menige geleenthede vir hulself geskep, maar kon telkens nie afrond nie. Daarbenewens was swak verdediging ook een van die hoof oorsake van hul ondergang.

Teenoor die Bulls se swak verdediging het hul teenstanders gewys hoe dit gedoen behoort te word. Hulle het die Bulls gereeld terugeduik en sodoende van momentum beroof.

Op die aanval was die Bulls weer teleurstellend eendemensioneel. Die gebrek aan kreatiwiteit word ’n krisis en een van die groot redes waarom dié span eenvoudig nooit lyk of hulle hul teenstanders kan klop, ten spyte van genoeg geleenthede nie.

Ja, dis nog vroeg in die seisoen, maar daar moet beslis alarm gemaak word. Bulls rugby is in ’n krisis. Dis te betwyfel of daar genoeg beter spelers op die Bulls se boeke is om hierdie skip om te draai. En na dese raak dit al hoe moeiliker om te glo dat die bestuurspan ook oor die vermoë beskik om die span se lot te verander.

PUNTEMAKERS:

BULLS: 24  Drieë: Marco van Staden, Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Doelskoppe: Morné Steyn (3). Strafdoele: Morné Steyn (1)

JAGUARES: 39 Drieë: Emiliano Boffelli (2), Rodrigo Bruni, Guido Petti, Matias Moroni, Santiago Socino. Doelskoppe: Joaquin Bonilla (3) Strafdoele:  Joaquin Bonilla (1)

Skeidsregter: Ben O’Keefe

https://www.facebook.com/BullsOfficial/videos/3157733014237741/

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button