Local sportSport

Bulls wys hulle is waardige kampioen van SuperRugby Unlocked toernooi

Duane Vermeulen en sy Bulls-makkers het Saterdagmiddag op Loftus Versfeld gewys dat hulle, ten spyte van die Covid-19 choas gedurende die SuperRugby Unclocked seisoen, welverdiende kampioen in die reeks is deur ‘n hardnekkige tweedehelfte aanslag van die Pumas af te weer om hul laaste wedstryd in die reeks te wen.

Die Bulls het Saterdagmiddag op Loftus Versfeld verseker dat hulle hul eerste silwerware in tien jaar wen deur die SuperRugby Unlocked reeks te beklink met ‘n oorwinning van 21-5 oor die Pumas.

Hoewel die Pumas van Jimmy Stonehouse nooit ‘n span is was onderskat kan word nie, was hulle waarskynlik nie ernstige aanspraakmakers om ‘n verrassing te lewer in hierdie wedstryd nie. Behalwe vir die feit dat hulle twee weke laas gespeel het en deur die Covid-19 protokol frustrasie van verlede week geraak is, sou die Bulls nie sommer ongemotiveerd vir hierdie wedstryd opgedaag het nie. As die Bulls hierdie een verloor het en dan steeds by verstek as kampioen van die reeks aangewys is (weens die kansellasie van die Sharks vs Stormers wedstryd), sou daar baie “wat-as”-profete kon wees.

Maar met die Cheetahs wat ook twee keer verloor het, nadat hulle vroeg in die seisoen naelskraaps teen die Bulls gewen het, was daar net een span wat met reg hierdie trofee kon lig.

Die Bulls het van die afskop af positiewe rugby gespeel en aangeval by elke moontlike geleentheid. In die proses het hulle besonder gevaarlik gelyk en die Pumas moet waarskynlik baie krediet kry dat hulle die tuisspan in só ‘n mate in toom kon hou dat hulle teen rustyd slegs drie keer die doellyn kon oorsteek. (Rustydtelling 21-0 vir die Bullle)

Na die breuk het die manne van Nelspruit hul karakter gewys en hard begin terugveg, terwyl die Bulls gelyk het of hulle die wedstryd as afgehandel beskou het. Die Bulls se verdediging het aanvanklk gehou, maar na sowat 10 minute se knaende aanvallende spel van die besoekers, het die deurbraak vir hulle gekom via ‘n drie vanaf ‘n lynstaan dryfbeweging.

Hoewel die Pumas se taktiek ongelukkig effens negatief was, het dit vir hulle gewerk en die Bulls het daarna gesukkel om eerstens balbesit in die hande te kry en tweedens dieselfde momentum te bou wat hule soms in die eerste helfte kon kry.

Die vertoning van die skeidsregter, Amy-Lee Barrett, het ook nie juis bygedra om van die wedstryd ‘n skouspel te maak nie – veral in die tweede helfte. Sy het die Pumas soms met moord laat wegkom in hul negatiewe rugby en vertragingstaktiek, terwyl sy beslis nog baie van skrumwerk moet leer.

Hoe later, hoe kwater en die Pumas was soos ‘n bulhond wat eenvoudig nie wou los as hy eers vasgebyt het nie. Hul inklimspel het die Bulls op die agtervoet gehou, maar die tuisspan se slordige hantering het ook nie hul saak aangehelp nie.

Uiteindelik het die besoekers die tweede helfte met 5-0 gewen. Of die Bulls heeltemal gefokus was ná die goeie eerste helfte en met absoluut niks op die spel in die wedstryd nie, is ook seker ‘n vraag.

Uiteindelk kan Jake White en sy bestuur tog met trots terugkyk op ‘n suksesvolle toernooi, waarin hulle waarskynlik die fondasie gelê het vir ‘n opwindende toekoms op Loftus Versfeld.

 

PUNTEMAKERS:

BULLS: 21  Drieë: Kurt-Lee Arendse, Chris Smith, Ivan van Zyl. Doelskoppe: Chris Smith (3).

PUMAS: 05 Drieë: HP van Schoor

Skeidsregter: Amy-Lee Barrett

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button