Local sportSport

Naka Bulle speel oefenwedstryd teen Blou Bulle

Die Naka Bulle klub se eerstespan kon nie vir ‘n beter vuurdoop gevra het as om die nuwe seisoen, ná ’n aksie-droogte van meer as ’n jaar, af te skop met ’n oefenwedwstryd teen die Blou Bulle nie.

Die eerstespan van die ABE Midas Naka Bulle rugbyklub het die afgelope naweek hul eerste amptelike wedstryd in ’n jaar gespeel, toe Louis van Biljon en sy makkers teen ’n baie sterk span van die Blou Bulle op Loftus Vesfeld uitgedraf het.

Die Blou Bulle, wat gelaai was met spelers wat vanjaar nog Curriebeker rugby gespeel het, het maklik met 55-19 gewen.

Hoewel hierdie telling hoog is, moet in ag geneem word dat die klubspelers in hul eerste wedstryd in meer as ’n jaar betrokke was, terwyl die professionele manne maande lank reeds in aksie is.

Na ‘n jaar sonder rugby-aksie was hierdie wedstryd broodnodige oefening vir die klubspelers van die Moot, aangesien die klubligas eersdaags op 8 Mei sal afskop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe: Rekord Oos

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button