Local sportSport

Plaaslike karatekas presteer by nasionale byeenkoms

Studente van die bekende Solis Ortus karate klub in die Ooste van Pretoria het puik presteer tydens ’n onlangse ligabyeenkoms van Karate Suid-Afrika in Bloemfontein.

Studente van die plaaslike Solis Ortus karate klub in die Ooste van Pretoria het onlangs puik presteer tydens die eerste Karate Suid-Afrika (KSA) ligabyeenkoms in Bloemfontein.

Sommige van hierdie studente, wat as deel van Solis Ortus se Karate Performance Centre in Bloemfontein aan die ‘KSA League 1’ byeenkoms deelgeneem het, kon selfs daarin slaag om hulself te vestig as die top karatekas in die land in hul onderskeie kategorieë.

Hoewel die meerderheid van Solis Ortus karate klub se studente slegs die gewone BUDO styl karate beoefen en nie aan kompetisies deelneem nie, is daar ander wat wel die Shotokan styl onder die jurisdiksie van die Japan Karate Association (JKA) beoefen.

Vyf van die klub se karatekas het met goue medaljes vanaf Bloemfontein teruggekeer. Hulle is Franco Vertue, Ethan Brazelle, Isabel Esterhuizen, Eben Millard en Shiloh Verreyne-Roos.

Elmien Viljoen, Jean Van Der westhuizen en Anica Myburgh het silwer medaljes verower, terwyl Pieter Jordaan, Hardus van Jaarsveld en Thirq du Preez almal brons medaljes gewen het.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button