Local sportSport

Harlequins op die wenpad met goeie oorwinning oor Grizzlies

Slegs een Carltonbeker wedstryd is die afgelope naweek afgehandel en dit was ’n goeie uitslag vir Harlequins, wat na ’n paar terugslae uiteindleik op die wenpad kon kom.

Hoewel daar baie hoop was in die kamp van Harlequins om vanjaar een van die toonaangewende klubs in die Carltonbeker klubrugby liga te wees, kon hul weens verskeie faktore tot dusver nog nie op alle silinders vuur nie.

Dié klub het die nuwe seisoen met rukke en stote begin en ’n paar van hul eerste-rondte wedstryde moes uitgestel word toe die Covid-virus in die klub amok gesaai het.

Hoewel Harlequins met tye baie goeie rugby gespeel het in die wedstryde wat wel plaasgevind het, was hulle voor die afgelope naweek nog nie in staat om ’n oorwinning in dié gesogte liga te behaal nie.

Hierdie situasie het egter Saterdagmiddag verander toe die Quins-manne daarin geslaag het om vier drieë teen die Grizzlies van Tuine te druk en sodoende ’n bonuspunt oorwinning te behaal. Die eindtelling was 31-3 in Quins se guns.

Die manne van die Weste was self honger vir sukses, nadat hulle seisoen ook tot dusver erg deur die virus ontwrig is – meestal weens probleme by hul teenstanders.

Gevolglik het die Grizzlies met mag en mening ingeklim en daarin geslaag om Harlequins tydens die eerste helfte redelik goed in toom te hou. Die rustydtelling was 10-3 in Harlequins se guns en op daardie stadium was die uitslag beslis nog in die weegskaal.

Harlequins het egter in die tweede helfte beheer oor die wedstryd geneem en hul kanse beter benut om ’n verdere drie drieë te druk en sodoende die oorwinning en bonuspunt te versker.

Die Grizzlies het dalk effens fokus verloor en hulle het beslis ook dissipline probleme gehad, wat hulle duur te staan gekom het. Kobus Lottering en Braam Pretorius se manne het baie potensiaal, maar sal vinnig hul fokus moet herwin om weer op die wenpad te kom, ná hul goeie begin enkele weke gelede in dié liga.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button