Local sportSport

Pretorianer kompeteer internasionaal in buitengewone sportsoort

’n Jong Pretorianer, wat enkele jare gelede as skoolseun aan Calisthenics as sportsoort bekendgestel is, het so vinnig daarin gevorder dat hy eersdaags reeds by die wêreldkampioenskap in Rusland gaan kompeteer.

Liggaamsbou in ’n gimnasium is deesdae ’n groeiende en gewilde sport, maar min kennis is onder die algemene publiek bekend oor alternatiewe sportsoorte wat nie net estetiese resultate oplewer nie, maar ook soepelheid en atletiese vermoëns bevorder.

Volgens gimnaste, en veral beoefenaars van die sportsoort Calisthenics, is die groter spiergroepe wat ontwikkel word deur ’n sport soos laasgenoemde meer eweredig en soepel, terwyl dié vorm van liggaamlige oefening ook psigomotoriese vaardighede soos balans en koördinasie bevorder. Die feit dat oefeninge met die liggaam se eie gewig as weerstand gedoen word, ontwikkel buitengewone krag in die spiere.

Calisthenics is ’n sport vir beide mans en vroue van alle ouderdomsgroepe en dit groei veral in gewildheid omdat dit op enige plek en sonder veel addisionele toerusting beoefen kan word. In sommige dele van die wêreld staan dit ook bekend as “Street Workout” weens die feit dat dit letterlik op straat beoefen kan word. Dit is een van die sportsoorte wat gepromoveer word deur die bekende liggaamsbouer en akteur, Arnold Schwarzenegger, se Arnold Classics sport-skouspel.

Die 19-jarige Lemuel Weideman van Montana in Pretoria is onlangs gekroon as nasionale Calisthenics kampioen en hy beplan om eersdaags in Rusland aan die wêreldkampioenskap te gaan deelneem.

Lemuel Weideman spog met sy trofee nadat hy onlangs as nasionale kampioen in Calisthenics gekroon is.
Foto: Verskaf

Weideman het aan Rekord vertel dat hy die sport ontdek het as 15-jarige seun toe hy as klein-geboude persoon op soek was na ’n meer natuurlike manier om sy liggaam atleties te ontwikkel. Na slegs sewe maande se oefening het hy by die Arnold Classics in 2018 die afdeling vir kragvertoon (staties) gewen, terwyl hy algeheel vierde geëindig het in die sport.

Hy het besonder vinnig gevorder en moeilike bewegings, wat sommige mense jare neem om te bemeester, het hy binne enkele maande onder die knie gehad.

In 2019 het hy op 17-jarige ouderdom ’n derde plek behaal by die Calisthenics wêreldbeker byeenkoms. Hierna het die gogga behoorlik gebyt en dié voormalige leerling van Hoërskool Overkruin het sy eie klub, Calisthenics Mastery, begin om ander belangstellendes op te lei.

Nog ’n voordeel van die feit dat min apperaat nodig is om die sport te beoefen, was dat Weideman verlede jaar regdeur die strengste grendelstaat-tydperk kon aanhou oefen. Dit het hom in staat gestel om vroeër vanjaar die nasionale kampioenskap te wen.

Weidenman het groot planne met sy klub. As jeugpastoor is sy ander passie ook sy werk in die bediening. Hy droom daarvan om sy betrokkenheid by Calisthenics met sy bedieningswerk te kombineer en sodoende veral jonger mense nie net geestelik by te staan nie, maar ook ’n geleentheid aan hulle te bied om liggaamlik op gesonde wyse te ontwikkel.

Belangstellendes in Calisthenics kan Weideman skakel by 076-567-3181.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button