Verskeie rugbyklubs wil Jeugrugby seisoen inpas
Met die min kans op rugby-aksie wat jong rugbyspelers sedert Maart verlede jaar gehad het, het verskeie Jeugrugby klubs in Pretoria besluit om vanjaar nog ’n verkorte Jeugrugby liga aan te bied om aan seuns van alle ouderdomsgroepe die kans te bied op hul gunsteling spel te kan speel.
Jeugklub rugby is een van die vele bepalings op die normale rugbyseisoen program wat verlede jaar weens die Covid-krisis in die slag geby het. Klubrugby op jeugvlak word by verskeie top klubs in Pretoria aangebied vir seuns van basies alle skoolgaande ouderdomsgroepe. Dié ligas word jare reeds afgehandel na afloop van die skolerugby seisoen, wat aan die meeste seuns die kans bied om aan beide deel te neem. Nóg ’n trekpleister van Jeugklub rugby is dat dit ’n ekstra geleentheid aan die spelers bied om verteenwoordigende rugby (in provinsiale kleure) te speel. Intussen het die skolerugby seisoen vanjaar op baie gebrekkige wyse voortgegaan, met ’n bietjie aksie in Maartmaand en daarna weer die geleentheid vir enkele wedstryde die afgelope weke. Hierdie toedrag van sake bring mee dat die meeste skoolseuns uitgehonger is vir rugby-aksie. Hoewel die Carltonbeker klubliga teen die einde van Oktobermaand afgehandel word, het die besture van verskeie klubs in Pretoria besluit om tog ’n kort Jeugklub rugbyseisoen hier teen die einde van die jaar in te pas.

Foto: Facebook
Op voorwaarde dat die oorblywende Covid protokolle gehandhaaf word, het die Blou Bulle Rugby-unie onlangs toestemming gegee dat klubs mag voortgaan om hierdie verkorte Jeugklub rugbyseisoen te laat realiseer. Daar is ook reeds besluit op ’n liga van minimum vier rondtes voor die einde van die jaar. Verder beplan een van die klubs, Tuine, ook om ’n groot 7’s rugbydag vir jeugklub spelers aan te bied in hierdie selfde tydperk. Belangstellende spelers kan dus so gou moontlik kontak maak met die organiseerders/voorsitters van Jeugrugby by die betrokke klubs. Hulle is (in alfabetiese olgorde): – Centurion Jeugrugby klub. Voorsitter: Wessel Steyn by 063-174-9421. – Dragons Jeugrugby klub. Voorsitter: Johan by 082-460-4788. – Harlequins Jeugrugby klub. Voorsitter: John Rautenbagh by 084-504-7734. – Naka Bulle Jeugrugby klub. Voorsitter: Kudu Oberholzer 082-766-1939. – Tuine Grizzlies Jeugrugby klub. Voorsitter: Quintin Lombard by 083-409-9558.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
