Klofie atleet gooi twee Afrika-dikusrekords in enkele dae
’n Sub-junior veldatleet van die Hoërskool Waterkloof het onlangs atletiekkenners se tonge los gehad met sy besonderse prestasies as diskusgooier.
Wesley Badenhorst van Hoërskool Waterkloof lyk op 15-jarige ouderdom reeds soos ’n toekomstige atletiek superster.
Dié atleet het onlangs binne enkele dae twee keer die Suid-Afrikaane én Afrika diskusgooi rekord vir seuns o.15 verbeter.
Badenhorst het die eerste keer die oë laat rek toe hy by die Twizza Superskole byeenkoms in Roodepoort die diskus 69,96m ver laat grondvat het. Daarmee het hy reeds die Suid-Afrikaane o.15 rekord laat spat.
’n Week later het Badenhorst gewys dat hy op sy jeugdige ouderdom reeds as ’n wêreldklas atleet beskou kan word, toe hy die 19-jaar oue Afrika rekord, wat in 2002 opgestel is, ook oortref het.
By ’n byeenkoms in Boksburg het Badenhorst die diskus 70.50m ver gegooi. Daarmee het hy nie net die Afrika rekord verder verbeter nie, maar ook die eerste sub-junior atleet in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse atletiek geword wat die diskus verder as 70m kon gooi.
As hierdie prestasies van Badenhorst in perspektief beskou word, tel hy reeds amptelik onder die bestes in die wêreld in sy ouderdomsgroep. As hy stelselmatig op hierdie prestasies kan verbeter, sal hy voor die einde van sy skoolloopbaan waarskynlik reeds ’n junior wêreldtitel in die sak hê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
