Local sportSport

TUT gekroon as Presidentsliga kampioen

Die span van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Saterdag op verrassende wyse die nuwe Presidentsliga kampioen geword deur Impala in die eindstryd te klop.

Na byna ‘n dekade het die eerste rugbyspan van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) weer ’n beker in hul trofeekas.

Dis geen geheim dat rugby by dié universiteit die afgelope dekade drasties agteruit gegaan het en dat die eerstespan net ’n skadu is van die span wat aan die begin van die Varsitybeker veldtog vanaf 2008 tot 2011 nog met die land se bestes kon kompeteer nie.

Vanjaar was daar in die Varsity Skild-reeks egter tekens dat TUT se rugbyklub dalk weer sy kop kan begin oplig. En nou spog TUT vir die eerste keer in baie jare weer met silwerware in hul trofeekas.

TUT het die span van Rustenburg Impala Saterdag in ‘n spannende en taai stryd op Loftus Versfeld se B-veld met 38-37 geklop om die titel as Presidentsliga kampioen te verower.

Impala, wat in 2019 en 2020 ook weens verskeie terugslae gesukkel het, het vanjaar teruggebons met beloftes dat die klub hul voormalige glorie wil laat herleef. Dié klub is in die verlede reeds verskeie keer as nasionale klubkampioen gekroon.

Hierdie vertoning van die studente uit die Weste van Pretoria is ook goeie nuus vir dié universiteit, aangesien die span binnekort weer sal moet begin voorberei vir die 2022 Varsity Skild-reeks, wat teen Februarie volgende jaar sal begin.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button