Local sportSport

Plaaslike spelers wys die krag van Bloubul klubrugby teen professionele span uit Israel

Klubrugby spelers van verskeie Carltonbeker spanne het vroeg in die seisoen reeds die kans gekry om hulself teen internasionale teenstand op te weeg en hulle kan trots wees oor die uitkoms van dié wedstryde.

As daar nog enige twyfel was oor die standaard en krag van klubrugby in Pretoria, is dit die afgelope tien dae onderstreep toe Israel se professionele span, Tel Aviv Heat, al drie hul wedstryde teen plaaslike klubspanne verloor het.

Die Tel Aviv Heat span speel in die Rugby Europe Super Cup toernooi, ’n professionele toernooi vir klubs uit T2 rugbylande in Europa. Dié klub het spelers van oor die hele wêreld in hul geledere, waaronder verskeie Suid-Afrikaners en Namibiërs.

Volgens Tel Aviv Heat se Suid-Afrikaanse afrigter, Kevin Musikanth, is die standaard van rugby in die Rugby Europe Super Cup “iewers tussen die Varsitybeker en die Curriebeker”  in Suid-Afrika. Musikanth is ’n voormalige Varsitybeker afrigter van die Universiteit van Kaapstad se Ikeys.

Nadat Tel Aviv Heat onlangs gekwalifiseer het vir die halfeindrondte van die Super Cup, is hulle deur Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugby Unie (BBRU), genooi om in Suid-Afrika te toer ter voorbereiding vir hul halfeindstryd.

Drie wedstryde is vir Tel Aviv Heat gereël teen plaaslike klubsspanne. Hul eerste wedstryd was teen verlede jaar se Carltonbeker finalis, die Northam Rhinos, wat deur die Bosvelders met 17-15 gewen is.

Daarna het die span uit Israel verelde Woensdag teen die Carltonbeker kampioen, ABE Midas Naka Bulle, gespeel en met 47-10 pak gekry.

Die besoekers se toer het Satetrdag op ’n hoogtepunt geëindig toe hulle teen die bekende Loftus 200 span, ’n gekombineerde klubspan bestaande uit sterre van die Carltonbeker klubs, uitgedraf het.

Tel Aviv Heat het hul beste 23-tal vir dié wedstryd gekies, wat twee oud Springbokke (die flank, Jacques Potgieter en die vleuel, Jamba Ulengo) ingesluit het. Daar was ook drie Namibiese toetsspelers en verskeie sterre wat al in die wêreld se top ligas gespeel het, in die span. Een van die Namibiërs was die kaptein en agtsteman, Renaldo Bothma, wat 2016 en 2017 ook vir die Bulls en die Blou Bulle uitgedraf het.

Tog het die Loftus 200 span daarin geslaag om dié taai wedstryd met 33-29 te wen. Dié uitslag is dus ook ’n baie goeie getuienis vir die standaard van klubrugby onder die jurisdiksie van die Blou Bulle.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button