Local sportSport

Noord-Gauteng stoeiers presteer by Europese toernooi

Noord-Gauteng se stoeiers het die Covid-roes afgeskud en ’n groep jong lede van dié stoeiereniging het onlangs puik prestasies by ’n toernooi in Europa behaal.

Ná die groot frustarasie van die Covid-krisis, waartydens daar geen aksie vir stoeiers moontlik was nie, kon vyf jong belowende Noord-Gauteng stoeiers onlang weer internasionaal deelneem.

Dié stoeiers het verlede maand uitstekend presteer in die grootste jeugtoernooi in Europa – die Tallinn Ope in Estland.

Hierdie toernooi word al vir jare as die beste leerskool van die opkomende stoeiers in die wêreld beskou. Meer as 2000 deelnemers kom vanoor die hele wêreld daarheen om hulself te toets.

By hierdie toernooi word die opkomende stoei-sterre van die wêreld geslyp om in die volgende dekade gereed te wees om op die groot stoeipodiums van die wêreld te verskyn.

Amerika het die grootste span ingeskryf vir die Tallinn Ope en in sommige gewigsafdelings het die Yanks tot selfs vier stoeiers gehad wat kon deelneem.

Die Pretorianers het egter glad nie teruggestaan vir enige teenstander nie.  Hendrik Ehlers (o.13/59 kg) en Markus le Roux (o.17/62 kg) het die verbeelding aangegryp met hulle silwer medaljes in hul onderskeie afdelings wat hulle in die Vrystyl dissipline verwerf het.

Ehlers het selfs ’n tweede silwer medalje in die Grieks-Romeinse styl verwerf.

Lenerd van Schalkwyk (o.17/51 kg) het ook vyfde en sesde plekke in onderskeidelik Vrystyl en Grieks-Romeins style verwerf.  Röhan du Plessis (o.17/51 kg) en Stefan Gouws (o.15/48 kg) het ook uitstekend in hulle onderskeie afdelings gevaar met sewende en agste plekke.

Na afloop van die toernooi het die stoeiers ook saam met al die ander lande se seuns aan ’n vierdag-oefenkamp deelgeneem. Hierdie uitstekende oefenkamp is van onskatbare waarde met verskeie uitgesoekte buitelandse afrigters wat die onderskeie oefensessies aangebied het.

Drie van Gauteng-Noord se stoeiers, Markus le Roux, Lenderd van Schalkwyk en Röhan du Plessis, is later vir die Suid-Afrikaanse jeugspan gekies om die land gedurende Mei 2022 te verteenwoordig in die Afrika-kampioenskappe in Marokko.

Volgens hul afrigters het dié jong steoeiers almal ’n goeie kans om uitstekende resultate te kry onder die kontinent se bestes.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button