Local sportSport

Naka Bulle klop Tuks, terwyl Northam, Centurion en Quins ook hul spiere bult in Carltonliga

Week twee van die 2022 World Sports Betting Carltonliga het drieë by die dosyne opgelewer, terwyl die wedstryd tussen die Varsitybeker kampioen en die verdedigende Carltonbeker kampioen ook ’n skitternede veroonvenster vir klubrugbyin Pretoria was.

Die span wat vanjaar die World Sports Betting Carltonbeker wil wen, sal hom eers by die huidige kampioen, ABE Midas Naka Bulle moet afneem en Marinus van der Watt se manne het geen plan om só gou van dié titel afstand te doen nie.

Dít het Ruan Grundeling en sy spanmaats Saterdag op hul tuisveld in die Moot baie duidelik gemaak met hul skitterende oorwinning van 38-12 oor Tukkies.

Hoewel Tuks se span heelwat jongelinge bevat het wat nie baie ervaring van die genadelose World Sports Betting Carltonliga het nie, was byna die helfte van dié 23-tal wat die studente Saterdag verteenwoordig het wel vanjaar in aksie in die Varsitybeker toernooi.

Hierdie feit gee perspektief ten opsigte van die manne van die Moot se oorheersing, aangesien hulle ses drieë teen Tuks se twee kon druk.

ABE Midas Naka Bulle se oorheersing het voorlangs begin, waar hardebaarde soos Grundeling, Primo Ncube, Marius Stander, Juan van der Westhuizen en Stephan Vermeulen die studente ’n behoorlike rugbyles geleer het. Daabenewens het jonger manne soos die hardwerkende  Eckard Boshoff sy teenstanders by die afbreekpunte geterroriseer, terwyl JP Alberts soos altyd die veld vol gespeel het op die verdediging en die aanval.

Die tuisspan se verdediging was ook deurslaggewend. Nadat hulle teen rustyd 12-0 voorgeloop het, het Tuks met ’n verwoede aanslag die tweede helfte begin. ABE Midas Naka Bulle se verdediging was egter skitterend en dit het die studente byna ’n kwartier geneem om hul eerste drie te behaal. Kort daarna was dit weer so, maar danksy goeie leierskap van die senior manne in die span het ABE Midas Naka Bulle daarin geslaag om weer in beheer van sake te kom.

Hierna was daar geen keer nie en twee puik drieë deur Danny Mokoabane en Marcel Human het die uitslag verseël.

– Ná Tuine se Grizzlies se goeie vertoning verlede week teen ABE Midas Naka Bulle, het hulle hulself Saterdag vasgeloop teen ’n verwoede aanslag van Centurion.

Die eindresultaat was ’n oorwinning van 52-19 vir Riaan Brand se manne, waarvoor hulle agt keer die doellyn oorgesteek het.

Centurion was tot verlede week ’n onbekende faktor in vanjaar se toernooi, aangesien hulle voorseisoen meestal uit vriendskaplike wedstryde teen klubs uit ander unies bestaan het. Hulle het ook nie aan die World Sports Betting Paastoernooi deelgeneem nie, wat beteken dat hul  plaaslike opponente nie werklik die geleentheid gehad het om hul te ontleed nie.

Die manne uit die Suide van Pretoria het egter duidelik groot planne vir hul halfeeu-feesjaar en die top klubs kan maar kennis neem dat Centurion vanjaar gereed is om enige opponent in die World Sports Betting Carltonliga te oorrompel.

Hoewel die Grizzlies het weer karakter gewys en nooit gaan lê nie. Om hierdie rede kon hulle self drie keer gaan druk.

– Hoewel daar twyfel is oor die diepte en krag van Rustenburg Impala, is Harlequins se oorwinning van 80-14 tog indrukwekend.

Dit lyk of Quins vanjaar wil voortbou waar hulle verlede seisoen opgehou  het, toe hulle met ’n puik eindpoging so byna vir die uitspeelrondtes gekwalifiseer het.

Harlequins het elf drieë ingeryg tydens hierdie wedstryd, terwyl Hendrik Mulder boonop almal verdoel het.

– Northam se Rhinos het op hul tuisveld in die Bosveld amok gemaak teen Pretoria Rugbyklub. Northam het 12 keer gaan druk om uiteindelik met 64-12 te wen.

Pretoria het hierdie keer bittermin va hul gekontrakteerde Bloubul spelers in hul geledere gehad, wat uiteraard ook ’n negatiewe inpak op hul spel moes hê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button