Local sportSport

Gauteng-Noord wen nasionale jukskei kampioenskap

Gauteng-Noord Jukskei het ná die terugslae van Covid teruggebons en daarin geslaag om hul sewende agtereenvolgende nasionale titel by die SA kampioenskap in te palm.

Gauteng-Noord Jukskei het onlangs deelgeneem aan die 81ste Senior Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kroonstad, wat jare al as die hoofkwartier van dié unieke Suid-Afrikaanse sportsoort beskou word.

Soos met baie ander sportsoorte, was hierdie toernooi die eerste volwaardige Senior kampioenskap sedert die Covid-krisis in 2020 begin het.

Hoewel jukskei, soos die meeste ander sportodes, moeilike tye en ’n onseker toekoms in die gesig gestaar het sedert die begin van die krisis, het die onlangse nasionale kampioenskap weer die hoop laat opvlam dat die sport binnekort volkome sal herstel en weer op groot skaal beoefen sal kan word.

Die sukses van Gauteng-Noord by die nasionale kampioenskap dien ook as bewys dat dié unie daarin geslaag het om gou die pad terug na normalisering  te vind.

Gauteng-Noord het nege spanne ingeskryf vir die kampioenskap. Dit het bestaan uit een span met spelers onder die ouderdom van 30, twee mans spanne, twee vroue spanne en vier veterane spanne.

Hierdie spanne het ’n totaal van 39 spelers ingesluit en die jongste speler wat die unie by die kampioenskap verteenwoordig he, was 17 jaar oud.

Gauteng-Noord het as algehele kampioen uit die stryd getree nadat al die totale in die verskillende afdelings bymekaar getel is.

Dit was die sewende agtereenvolgende toernooi wat deur die Pretorianers gewen is.

Na afloop van die toernooi is ’n nasionale span aangewys en sewe spelers van Gauteng-Noord is vir dié span gekies, terwyl vyf van die nasionale span se afrigters ook uit dié unie kom. Een speler in die SA-“A” span  is ook van Gauteng-Noord.

Na die swaarmoedigheid van Covid is daar deesdae weer ’n opgewondenheid en positiewe gees oor die toekoms van jukskei en daar word reeds planne gemaak om die sport weer uit te bou en te ontwikkel.

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button