Local sportSport

Bulletjie-stoei floreer weer in Noord-Gauteng

Na die frustrasie van Covid-regulasies kan stoeiers deesdae ook stelselmatig terugkeer na die stoeimat en groot opgewondenheid het onlangs geheers toe die eerste Bulletjie stoeternooi in meer as twee jaar in Pretoria aangebied is.

Noord-Gauteng Stoei bied reeds die afgelope dertig jaar Bulletjie-Stoei aan vir 5 tot 8 jariges as deel van ’n lang termyn ontwikkelingsprogram met groot sukses.

Met die verslapping van Covid-19 regulasies kon die stoei-sport vanjaar weer voortgaan binne die voorgeskrewe regulasie van ‘n binnehuise sport.

Die atmosfeer by die onlangse Noord-Gauteng Bulletjie-stoei toernooi was weer elektries, omdat die manne vir bykans twee jaar nie kon deelneem nie.

Reëls is aangepas vir die Bulletjie stoeiertjies as deel van die langtermyn ontwikkelingsprogram om die sport aantreklik te hou en die kinders stelsematig bekend te maak aan kompetisie.  Almal wat op die stoeimatte waag, is wenners en daarom word by die Bulletjies nie wenners aangewys nie.

Daar is tans tien stoeiklubs geaffilieer by Noord-Gauteng stoei en die kern van stoei in die land is ook hier geleë.

Elke stoeiklub het geregistreerde en opgeleide afrigters.  Van ons land se huidige beste o.17, o.20 en Senior stoeiers kom uit Noord-Gauteng. Sommige van hierdie stoeiers het ook onlangs in Marokko aan die Afrika-kampioenskappe deelgeneem.

Stoei, wat deur die antieke Egiptenare en Sumeriërs meer as vier duisend jaar gelede ontwikkel is, is deur die antieke Grieke vervolmaak met ‘n prominente plek in die Olimpiese Spele. Tans is stoei een van die mees diverse sportsoorte ter wêreld met bykans 200 lande wat wêreldwyd deelneem.

Die stoei-sport het die voordeel dat dit die hand-oog koördinasie uitstekend ontwikkel tesame met die selfvertroue, sodat kleuters goed ontwikkel en voorbereid is vir feitlik alle ander sportsoorte.  Daarom is dit ook nie vreemd dat die stoeiertjies baie uitstaan by die rugby nie, omdat hulle harde kontak gewoond is.

Daar is psigiese en fisiese voordele van stoei wat algemeen bekend is en aanbeveel word deur Opvoedkundige Sielkundiges, Arbeidsterapeute en Biokinetici. Waardevolle “terapie” word verkry sonder dat dit deur die kind as terapie ervaar word.

Dissipline word inherent in die stoei-sport ontwikkel, toegepas en gekombineer met tegnieke, deursettingsvermoë en fiksheid.  Stoeiers is bekend vir hulle vasberadenheid, ywer en deursettingsvermoë.

Vir meer inligting oor jou naaste stoeiklub kontak gerus Laurika De Villiers by 083-441-4038 of e-pos: office@gnwrestling.co.za.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button