Local sportSport

Pretoria-Noord atletiekklub se meesters atlete presteer

Fortis Pretoria Noord Atletiekklub se meesters atlete het tydens die onlangse provinsiale kampioenskap gewys waartoe hulle in staat deur met verskeie medaljes huis toe te kom.

Die Fortis Pretoria Noord Atletiekklub het vyf top atlete opgelewer tydens die onlangse Atletiek Gauteng Noord (AGN) meesters atletiek kampioenskappe, sowel as die 10km en 21km AGN padwedloop kampioenskappe.

Die  65-jarige Martie Boesenberg, het ’n silwer medalje gewen vir haar tweede plek tydens die 21km vir vroue (60).

David Maphangulo (68) was die wenner van die mans (60) se 10km wedloop.

Moses Letlhaku het ook silwer verower vir sy tweede plek in die 21km vir mans (50).

Leandri Claassen het ’n tweede plek behaal op die atletiekbaan vir die 800m vir vroue (40), sowel as ’n brons medalje vir die 10km padwedloop.

Die 40-jarige Charmaine de Klerk het tydens die atletiekbyeenkoms weggestap met ’n silwer medalje vir die 400m sowel as die goue medalje vir die 200m in die kategorie vroe (40).

Beide Claasen en De Klerk het gekwalifiseer om Suid-Afrikaanse kleure vir atletiek te ontvang.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button