Local sportSport

Stoeiers vier terugkeer van Johnny Reitz Big Five toernooi met rekord getalle

Opgewondenheid en dankbaarheid was twee van die uitstaande emosies onder die meer as 700 stoeiers tydens Saterdag se Johnny Reitz Big Five stoeitoernooi, wat vir die eerste keer sedert 2019 weer deur Noord-Gauteng Stoei aangebied kon word.

Een van die sportsoorte wat die ergste gely het onder die afgelope drie jaar se Covid regulasies, is stoei.

Weens die aard van stoei as kontaksport, was feitlik geen kompeterende aksie moontlik vir stoeiklubs en federasies in 2020 en 2021 nie.

Juis om hierdie rede was die afgelope naweek se terugkeer van die Johnny Reitz Big Five stoeitoernooi, wat voor Covid ’n jaarlikse instelling op die kalender van Noord-Gauteng Stoei was, so ’n jeuglike gebeurtenis vir almal betrokke.

Katrien Havenga (geel en rooi) van Carltonville is een van die dapper meisies wat selfs die seuns aanvat in stoeiegevegte. Hier is sy Saterdag in aksie by die Johnny Reitz Big Five stoeitoernooi teen Tian de Jager van Centurion in blou.
Foto: Koos Venter

Saterdag se toernooi, wat oudergewoonte in die Rembrandt-saal op die Tuks Sportkampus aangebied is, het sowat 750 stoeiers vanoor die hele land gelok. Sowat 33 klubs, wat al nege die aktiewe klubs van Noord-Gauteng ingesluit het, het deelgeneem aan hierdie groot gebeurtenis.

Daarby het die toernooi vanjaar weer ’n internasionale status gehad, weens een besoekende Amerikaanse stoeier en ’n toerspan span van Egipte wat ook deel van die aksie was.

Mastafa Frhot (links in rooi) en Seleh Omara (regs in blou) is twee lede van die Egiptiese span wat ook ingeskryf het vir die Johnny Reitz Big Five stoeitoernooi. Hier stoei hulle teen mekaar tydens die toernooi.
Foto: Koos Venter

Soos die naam van die toernooi, die Johnny Reitz Big Five aandui, is dit vernoem na die legendariese Johnny Reitz, wat diep spore in dié sport in Suid-Afrika getrap het, terwyl die ‘Big Five’ in die naam ’n aanduiding is van die unieke konsep ten opsigte van die medaljes wat by die toernooi gewen kan word. Elke jaar word ’n ander dier van Suid-Afrika se Groot Vyf agterop die medalje gedruk, wat dié medaljes natuurlik baie gesog maak. Stoeiers neem jaarliks deel in ’n poging om uiteindelik ’n volledige stel van die Groot Vyf medaljes te besit.

Vanjaar was dit die Leeu se beurt om op presteerders se medaljes te pronk.

Willow Mitchell (in blou) is nog ‘n meisie wat bereid is om teen die seuns te stoei, Hier is sy in aksie teen Marcus Boshoff (rooi).
Foto: Koos Venter

Ten spyte van die feit dat stoeiers weens die Covid regulasies so lank uit askie was, was kenners tydens die toernooi dit eens dat die standaard van die aksie baie hoog was. Dit dui waarskynlik daarop dat baie ernstige stoeiers hul liefde vir die sport herontdek het in die meer as twee jaar waartydens hulle nie kon deelneem nie.

’n Groot aantal meisies was ook onder die stoeiers wat van oral in die land ingeskryf het. Terwyl meisies as deel van Stoei SA se ontwikkelingsprogram selfs tot op die ouderdom van agt teen die seuns kan stoei, het dié reëling ook nou verslap. As beide kampe (afrigters en bestuur) instem, kan gevegte selfs tussen stoeiers van hoër ouderdomme ook nou op hierdie basis plaasvind.

John Williams in rooi probeer hom loswikkel uit die greep van Juan Janse van Rensburg in bou.
Foto: Koos Venter

Hoewel Saterdag se verrigtinge op agt stoeimatte in die Rembrandt-saal plaasgevind het, was die toernooi so groot dat die aksie vanaf 08:00 die oggend tot sowat 17:00 die middag geduur het.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button