Local sportSport

Pretoria se kleurryke wedloop op erfenisterrein weer aangebied

Daar is verskeie maniere om die huidige koue in Pretoria te troef, maar die interessantste en gesondste wyse sal wees om eerskomende Saterdag deel te neem aan die gewilde Springbok Vasbyt Wedloop op die terrein van die Voortrekkermonument.

Die 17de Leon Bezuidenhout Springbok Vasbyt Wedloop word eerskomende Saterdag weer op die Voortrekkermonument terrein aangebied.

Hierdie besondere wedloop met sy eiesoortige karakter, uitdagende bulte en erfenisviering, is al menigmaal op verskeie hardloopforums beskryf as een van die land se beste wedlope. Die organiseerders kon jaar na jaar daarin slaag om ’n wedloop van uitnemende gehalte vir deelnemers aan te bied.

Die wedloop is ’n instelling op die sportkalender van die Jakarandastad en sinoniem met die verbyvlug van outentieke, imposante Harvard gevegsvliegtuie en ’n oorverdowende kanonskoot wat die begin van die Springbok Vasbyt aankondig.

Die historiese roete van die Springbok Vasbyt neem deelnemers verby ikoniese landmerke soos die Ringmuur van die Voortrekkermonument, Fort Schanskop, die Amfiteater en die Muur Van Herrinnering.

Die Springbok Vasbyt word ook as ’n groen wedloop aangebied, wat beteken dat daar nie watersakkies by die waterpunte bedien sal word nie. Water sal wel op geselekteerde punte op die roete in grootmaat beskikbaar wees. Derhalwe word deelnemers aangemoedig om hul eie waterbottels saam te bring.

Hierdie taai wedloop toets ook elke jaar alle atlete, van die elite tot die spreekwoordelike agteros se vaardigheid en uithouvermoё. Deelnemers kom met alle denkbare hardloopopervlaktes in aanraking, en steil bulte, los klippe en skerp draaie dra tot moeilikheidsgraad van die wedloop by. Derhalwe is ’n Springbok Vasbyt medalje ’n waardevolle kleinnood in enige atleet se medaljeversameling.

Die wedloop wat deur die Voortrekermonument Draf- en Stapklub aangebied word in trotse samewerking met Afriforum, streef jaarliks daarna om gevalle helde van die Suid-Afrikaanse Weermag wat nie noodwendig altyd die gepaste erkenning vanaf owerheidsweë ontvang het, te gedenk en hul gesigte word op die wedloopmedalje vasgevang . Met die 2023 wedloop word die die lewe van die stigter van die Springbok Vasbyt wedloop, Leon Bezuidenhout gedenk. Bezuidenhout is op 2 Augustus 2020 skielik oorlede en met hierdie jaar se wedloop verskyn hy heel gepas op die medalje van ‘n wedloop wat hom besonder na aan die hart gelệ het.

Die 2023 Springbok Vasbyt vind plaas op Saterdag 15 Julie 2023 by die Voortrekkermonument. Atlete het ’n keuse tussen drie verskillende wedlope.

  • Die 21 kilometer (inskrywingsgeld R140-00) en
  • 10 kilometer wedlope (inskrywingsgeld R120-00) spring om 07:30 weg met die gebruiklike openingseremonie wat omtrent 10 minute voor die wegspring plaasvind.
  • Daar is ook ’n 5 kilometer pretdraf wat om 07:40 begin (inskrywingsgeld R60-00).

Voorafinskrywing is ’n voorvereiste vir deelname aan hierdie wedloop. Aanlyninskrywings kan reeds gedoen word by www.entryninja.com en sluit op 13 Julie 2022.

Voorafinskrywings kan ook  tot 14 Julie 2022 (16:00) by Run-Away Sport in Lynnwoodweg, sowel as by die Vootrekkermonument se inligtingskantoor gedoen word.

Voornemende deelnemers sal hierdie jaar ook toegelaat word om die oggend van die wedloop vanaf 05:00 tot 07:00 vir die wedloop in te skryf.

Meer inligting oor hierdie besondere wedloop kan verkry word by www.facebook.com/vtmklub of vtmraces@gmail.com of 064-582-6664.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button