Local sportSport

Honderde atlete durf taai Springbok Vasbyt wedloop by Voortrekkermonument aan

Die Springbok Vasbyt padwedloop, wat op die Voortrekkermonument terrein plaasgevind het, is verlede week met groot sukses aangebied.

Sowat 600 atlete het verlede week by die Voortrekkermonument saamgekom vir die jaarlikse Springbok Vasbyt padwedlop.

Hierdie wedloop, wat reeds sedert 2006 ’n instelling op atelete se kalender is, bied aan deelnemers drie keuses – ’n 21km halfmarathon, ’n 10km padwedloop of ’n 5km pretdraf.

Joep Joubert, voorsitter van die Voortrekkermonument Draf & Stap Klub wat jaarliks dié opwindende wedloop aanbied, sê hy is baie opgewonde om te sien dat oud en jonk vanjaar die koue trotseer het om aan die wedloop deel te neem.

“Ons bied al vir jare die wedloop aan en vanjaar is vir ons besonders spesiaal omdat ons die wedloop kon opdra aan die ontslape Leon Bezuidenhout wat vir jare deel was van ons klub en dié wedloop oorspronklik op die been gebring het,” het Joubert verduidelik.

Die wedloop is vanjaar aangebied in samewerking met AfriForum Sport en die Voortrekkermonument, en Joubert het ook sy dank uitgespreek aan dié organisasies vir hul ondersteuning.

Oudergewoonte het drawwers van so jonk as 8 jaar oud tot pensionarisse deelgeneem.

JM Maritz (15) van Hoërskool Menlopark het vanjaar as wenner van die 5 km-wedloop uit die stryd getree, terwyl Johan Roelofse, ’n 17-jarige atleet koning gekraai het in die 10 km-wedloop.

“Dit was bietjie taai op tye, maar dit was ’n baie lekker wedloop. Daar is maar net iets anders daaraan om so in die natuur te kan hardloop en behoorlik jou eie krag te toets by die Voortrekkermonument,” het Roelofse gesê.

Katlego Tjale was die wenner van die 21km halfmarathon.

Tydens die wedloop is ‘n opwindende nuwe projek, Die VTM-Leefstylklub bekendgestel. Die Voortrekkermonument het ’n leefstylklub op die been gebring waar die publiek die terrein gratis kan besoek en in ’n groep meer leer oor ’n wye verskeidenheid leefstylonderwerpe.

Vicki de Lange, VTM-projekbeampte, sê die Leefstylklub is hier om ons lede die geleentheid te gee om verryk te word.

“Of jy nou meer oor tuinbou wil leer, in die natuur wil kom stap, meer begin oefen of ’n nuwe stokperdjie soos voëlkyk wil begin, by ons Leefstylklub kan jy in ’n rustige, sosiale omgewing die monument en jouself kom herontdek,” sê sy.

Kontak vicki@kultuurtuiste.org.za vir meer inligting of om aan te sluit as ’n lid van die klub.

Johan Roelofse is slegs 17 jaar oud, maar hy het vanjaar virtalle meer ervare atlete hakskene gewys in die 10km afdeling van die Springbok Vasbyt padweloop by die Voortrekkermonument.

Die Springbok Vasbyt wedloop se volledige uitslaelyk soos volg:

10 km-wenners

Mans

  1. Johan Roelofse (17) met ’n tyd van 40:58
  2. Musa Maluleke (40) met ’n tyd van 42:24

Vroue

  1. Carina Swiegers (23) met ’n tyd van 47:31
  2. Corné Prinsloo (46) met ’n tyd van 51:14

Kategoriewenners (10 km)

60 to 69-jaar Mans

  1. Colin Fisher (65) met ’n tyd van 49:16
  2. Piet Lötter (63) met ’n tyd van 56:00

60 tot 69-jaar Vroue

  1. Jane Neilson (65) met ’n tyd van 01:11:43
  2. Carole de Waal (68) met ’n tyd van 01:18:26

40 tot 49-jaar Mans

  1. Musa Maluleke (40) met ’n tyd van 42:24
  2. Nceba Mahlawe (48) met ’ tyd van 46:28

40 tot 49-jaar Vroue

  1. Corné Prinsloo (46) met ’n tyd van 51:14
  2. Michelle Acton (45) met ’n tyd van 01:09:01

50 tot 59-jaar Mans

  1. Philip Bester (58) met ’n tyd van 44:22
  2. Duane Newman (58) met ’n tyd van 58:24

50 tot 59-jaar Vroue

  1. Angela Blake (58) met ’n tyd van 01:01:52
  2. Sharon Newman (58) met ’n tyd van 01:02:36

Junior Mans

  1. Johan Roelofse (17) met ’n tyd van 40:58

Junior Vroue

  1. Jolandi de Jager (18) met ’n tyd van 01:04:21

21 km-wenners

Mans

  1. Katlego Tjale (25) met ’n tyd van 01:18:23
  2. Neil van der Merwe (19) met ’n tyd van 01:31:46

Vroue

  1. Sandra Mansvelder (23) met ’n tyd van 01:43:32
  2. Nicky Booyens (44) met ’n tyd van 01:46:53

Kategoriewenners (10 km)

  • tot 49-jaar Mans
  1. Byron Benson (41) met ’n tyd van 01:39:53
  2. Francois Nel (23) met ’n tyd van 01:48:39
  • tot 49-jaar Vroue
  1. Nicky Booyens (44) met ’n tyd van 01:46:53

 tot 59-jaar Mans

  1. Gerhard Calitz (55) met ’n tyd van 01:49:57
  2. James Mcewan (56) met ’n tyd van 01:51:49
  • tot 59-jaar Vroue
  1. Judy van der Wagen (51) met ’n tyd van 02:21:55
  2. Antoinette Hartslief (52) met ’n tyd van 02:22:43

Junior Mans

  1. Thando Maubane (16) met ’n tyd van 02:15:48

Junior Vroue

  1. Mariëtte de Jager (18) met ’n tyd van 02:11:12

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button