Local sportSport

Geskiedkundige Cartonbeker eindstryd realiseer

Die twee top spanne op die Carltonbeker punteleer het die afgelope naweek deurgedring na eerskomende Saterdag se eindstryd, wat vir die eerste keer ooit buite die grense van Pretoria gespeel gaan word.

Nog voordat eerskomende Saterdag se Carltonbeker eindstryd teen 16:00 se kant gaan afskop, sal daar reeds geskiedenis gemaak word in die toernooi.

Vir die eerste keer in die byna 120-jarige bestaan van die toernooi sal die eindstryd nié binne die grense van Pretoria plaasvind nie.

Nadat daar vroeër reeds bepaal is dat die uitspeel wedstryde vanjaar by die klubs sal plaasvind, het die Northam Rinos bo-aan die punteleer geëndig. Toe dié span van Phil Pretorius dus die afgelope naweek in die een halfeindstryd met die verdedigende kampioen, Centurion, afreken, het hulle die geskiedkundige eindstryd op hul tuisveld in Northam bespreek.

– Maklik was dit egter nie vir die Bosvelders nie. Die wedstryd was tot in die laaste sekondes in die weegskaal, met Centurion se Kevin Osborne wat vir ’n 52m stafskop aangelê het pale toe en die telling op 23-21 in Northam se guns. Ongelukkig vir die verdedigende kampioene was het dié skop regs verby. As dit oor was, sou Centurion gewen het en daar sou ’n herhaling van verlede jaar se eindstryd plaagevind het.

Die Rinos hoef waarskynlik net die bal uit te geskop het om die oorwinningte beklink, maar hulle het verkies om vanuit hul eie doelgebied met ’n aanval te begin, wat natuurlik baie riskant – en onnodig –

was. Gelukkig vir die tuisspan het dit gewerk en uitgeloop op ’n langafstand drie, wat die oorwinning van 30-21 verseël het.

– In die Moot het heelwat makliker gegaan vir Naka Bulle teen die jong span van Tuks.

Regtervleuel Brandon Swart is binne die eerste tien minute twee keer in die hoekie oor vir twee puik drieë. Vir sy tweede het hy veral sy krag en spoed vertoon met ’n lopie van verder as 50 meter.

Daarna het nog sewe drieë gevolg, terwyl die studente slegs drie keer die doellyn kon oorsteek. Linkervleuel Frans Botha en die sterk agtsteman, JJ Scheepers, het ook elkeen twee keer gedruk.

Tuks moes byna ’n halfuur swoeg voor hulle die eerste keer punte kon aanteken. Die jong manne is in byna elke aspek van die spel oorheers en kon eenvoudig nie al die gate op verdediging toestop nie. Die rustyd telling was reeds 24-5 in die tuisspan se guns.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button