Local sportSport

Blou Bulle vereer presteerdes van 2023

Amateur rugbyspelers, afrigters en administrateurs onder die jurisdiksie van die Blou Bulle se prestasies getuig van die gesonde stand van sake in dié geledere, soos dit geblyk het by die Blou Bulle rugby-unie se toekenningsgeleentheid vir presteerders verlede week.

Die Blou Bulle rugby-unie (BBRU) het verlede week oudergewoonte hul jaarlikse prestasie-toekenningsgeleentheid in die presidensiële suite by Loftus Versfeld aangebied.

Spelers, afrigters, administrateurs en enkele verwante betrokkenes wat die spel in Bloubul land op amateurvlak met onderskeiding gedien het die afgelope seisoen, het erkenning gekry en is met trofees en sertifikate vereer by die funksie.

Tydens sy openingsrede het die president van die BBRU, Willem Strauss, beklemtoon dat die Blou Bulle tans nie sy gelyke het in Suid-Afrika as die spel op  amateurvlak ter sprake is nie.

Die Bulle het byvoorbeeld by verre die grootste begroting ten opsigte van die befondsing van klubs en ander hulpprogramme.

Hierdie feit word weerspieël in die sukses en groei van die spel op klubvlak, waar kompetisies soos die nasionale Gold Cup toernooi en die interprovinsiale Uxi o.20 toernooi beide deur Bloubul klubs oorheers en gewen is.

Die Loftus 200 amateurspan, wat uit plaaslike Carltonbeker klubspelers saamgestel word, het vroeg in die seisoen ook met die Griffons afgereken, terwyl drie klubspelers by die Blou Bulle se Curriebeker span betrek is.

Die Naka Bulle rugbyklub, wat vanjaar hul beste en suksesvolste seisoen ooit beleef het, kon met heelwat van die top toekennings spog. So byvoorbeel dis Marinus van der Watt en sy hulpafrigters, Morne Human en Kudu Oberholzer vereer as beide die Carltonliga en Gold Cup afrigters van die jaar.

Naka Bulle het ook die toekenning as klub van die jaar gekry, terwyl hul haastige vleuel, Frans Botha vereer is as die speler wat die meeste drieë in die Gold Cup toernooi kon druk.

Khwezi Mafu van Northam het die meeste drieë in die Carltonliga gedruk, terwyl Ian Trollip van Centurion en Percy Williams van Northam die louere gedeel het as die Carltonliga se top puntemakers.

Vir die eerste keer is daar nie ’n Carltonbeker Speler van die Jaar aangewys nie, maar al agt die klubs se verskillende top spelers is vereer.

In hierdie kategorie is geskiedens gemaak toe Cinanda Potgieter van Pretoria rugbyklub die eerste vrou geword het om as dié klub se senior speler van die jaar aangewys te word.

Potgieter is boonop as die unie se senior amateur vrouespeler van die jaar aangewys, terwyl sy ook vereer is as die top puntemaker in die vroue-klubliga.

Die prestigeryke presidensiële toekenning van die seisoen is oorhandig aan Manie Geldenhuys van Hoërskool Menlopark vir sy diens van sowat vyf dekades aan rugby.  Geldenhuys, wat binnekort aftree, het diep spore getrap as afrigter en administrateur en was tot vanjaar die sekretaris van die Blou Bulle se Hoërskole vereniging.

Die volledige lys van toekennings:

COACHES

Under 20 Shield: Len Olivier; Rassie van Vuuren

Under 20 Carlton: Allen Souter; Andries Ferreira; Lucien Bekker (Team Manager)

Under 20 UXI: Allen Souter; Andries Ferreira; Lucien Bekker (Team Manager)

Women’s League: Dino Swanepoel; Flash Malinga

Girls Under 18: Dino Swanepoel; Steven Mabogwane; Ilona Waldick (Team manager)

Girls Under 16: Judith Chauke; Mahlogonolo Gama; Kgomotso Aphane (Team Manager)

Women’s Under 20: Tshepo Phahlane; Danie Engelbrecht; Kgomotso Aphane (Team Manager)

Lucas Strachan Shield: Phil Pretorius; Flip de Kock

Carlton League: Marinus van der Watt; Morne Human; Kudu Oberholzer

Gold Cup: Marinus van der Watt; Morne Human; Kudu Oberholzer

Platteland: Andre Grundling; Andre van der Merwe; Chris Jardim (Team Manager).

  • ADMINISTRATORS

Team Manager:  Kgomotso Aphane

  • SERVICE PROVIDER

Media: Morris Gilbert, Simon Riekert, Johan Pretorius

Puma: Sarel and Nita Nel

Sportmed: Riaan Coetzee

  • PLAYERS

Presidents League Most Points: Theo van Niekerk (KD)

Presidents League most tries: Jandre Balie (KD)

Reserve League most points: Eldon Vermeulen (Brits)

Reserve League most tries: Johan Niemand (Brits)

President’s League Player of the Year: Jeandre Balie (KD)

Platteland Player of the Year: Clement Bezuidenhout (KD)

Carlton Under 20 Most tries: Blanché Terblanché (Tuine)

Carlton Under 20 Most points: Russwill Fredericks (Tuine)

Women Under 20 Player of the Year: Shiniqwa Lamprecht/Nomzamo Nimorundsini

Women’s Club Player of the Year: Cinanda Potgieter (Pretoria)

Most Points Women’s League: Cinanda Potgieter

Most Tries Women’s League: Stompie Mnguni.

Carlton League Most Tries: Khwezi Mafu (Northam)

Carlton Most Points: Ian Trollip (Centurion) en Percy Williams (Northam)

 

Carlton Clubs Player of the Year:

Centurion – Albert Bakker

Harlequins – Michael Chimbilia

Naka Bulle – Ruan (Bielie) Grundelingh

Northam – PJ Bezuidenhout

Pretoria – Cinanda Potgieter

Tuine – Russwill Fredericks

Tuks – Libbie Janse van Rensburg

Wolverines – Ruan Venter

Gold Cup most points: PJ Bezuidenhout (Northam)

Gold Cup most tries: Frans Botha (Naka)

SA WOMEN’S UNDER 20 Players: Nomzamo Nimorundsini, Shiniqwa Lamprecht, Karabo Lebotsa

  • PRESIDENT’S AWARD

Manie Geldenhuys – High Schools Secretary

Best Club – Naka Bulle Rugby Club

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button